Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Besorgde ouers’ sluit personeel van Pretoriase skool toe

’n Groep ouers het Maandagoggend onderwysers en personeel van die Laerskool Danie Malan in Pretoria-Noord op die skoolterrein toegesluit. Die skool se hekke is met slotte en kettings gesluit.

skool
Ouers wat ongelukkig is omdat hul kinders nie in die Laerskool Danie Malan in Pretoria-Noord geplaas is nie, staan buite en wag om met die skool te kan onderhandel. Foto Deaan Vivier

Volgens ’n boodskap wat die skool aan die ouers gestuur het, het die groep homself geïdentifiseer as “besorgde ouers wie se kinders nie plek in die skool gekry het nie”.

Betogers Maandagoggend buite die Laerskool Danie Malan in Pretoria-Noord. Foto: GAC Risk Solutions

Juan du Plessis van GAC Risk Solutions het Maandagoggend aan Netwerk24 gesê die situasie is onder beheer. “Daar was ’n bietjie konflik tussen die ouers en die betogers, maar dit is nou onder beheer. Die polisie en ander relevante owerhede is op die toneel. Die slotte is ook reeds van die hekke afgehaal.”

skool
Ouers wat ongelukkig is omdat hul kinders nie in die Laerskool Danie Malan in Pretoria-Noord geplaas is nie, staan buite en wag om met die skool te kan onderhandel. Foto Deaan Vivier

Netwerk24 verneem dat die ouers van die skool se leerlinge reeds vroeg Maandagoggend gevra is om nie hul kinders skool toe te bring nie.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

skool
Ouers wat ongelukkig is omdat hul kinders nie in die Laerskool Danie Malan in Pretoria-Noord plek gekry het nie, drom buite die skool saam. Foto Deaan Vivier
skool
Ouers wat ongelukkig is omdat hul kinders nie in die Laerskool Danie Malan geplaas is nie, drom buite saam in die hoop om te onderhandel. Foto Deaan Vivier
Meer oor:  Pretoria  |  Personeel  |  Onderwysers  |  Ouers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.