Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Beurtkrag kan matriekeksamen in wiele ry’ – Umalusi

Die Umalusi-raad vir gehalteversekering in algemene onderwys en opleiding pleit by Eskom om beurtkrag tot gebiede te beperk waar matrikulante nié die matriekeindeksamen aflê nie.

Dié kommer kom nadat die kragreus Woensdag sedert 09:00 fase-2-beurtkrag ingestel het en eers beplan om dit teen 23:00 weer op te hef.

Eskom het te min diesel, vyf opwekkingseenhede wat weens lekkasies in ketelbuise nie aanlyn is nie, en ’n steenkool-vervoerband wat gebreek het, as redes aangevoer vir waarom hy Suid-Afrikaners vir die eerste keer sedert Maart weer in die donker gaan laat sit.

790 405 matrieks wat Woensdag met rekenaartoepassingstegnologie begin het, word hierdeur geraak.

“Die skryf van rekenaartoepassingstegnologie kan uitermate geraak word deur hierdie onderbreking, want dis ’n praktiese vak wat vereis dat rekenaars gebruik word.”

Umalusi wag intussen vir ’n verslag van die departement van basiese onderwys om die invloed van die huidige kragonderbrekings te bepaal.

“Dit in ag geneem, moet assesseringsliggame gebeurlikheidsplanne instel om noodsituasies gedurende die aflegging van nasionale eksamens te hanteer. Umalusi doen ’n beroep op Eskom om nie beurtkrag toe te pas in die gebiede waar skole eksamens aflê nie. Sulke onderbrekings kan ’n verwoestende uitwerking op leerlinge en die integriteit van die eksamen hê.”

Meer oor:  Beurtkrag  |  Matriekeksamen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.