Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Bishops-juffrou se prokureur waarsku oor video’s
Fiona Viotti (30) op haar troudag verlede jaar.Foto: Bishops College Magazine

Daar is “absoluut geen bewyse” dat enige leerling van die skool Bishops Diocesan College in Rondebosch, Kaapstad, eksplisiete foto’s en video’s van ’n onderwyseres op hul selfone het, of voorheen gehad het nie.

So sê Guy Pearson, die skoolhoof, Maandag nadat Netwerk24 uit verskeie oorde kaalborsfoto’s van vermoedelik die voormalige onderwyseres Fiona Viotti (30) ontvang het, asook seksueel eksplisiete video’s van ’n vrou wie se gesig nie gesien kan word nie.

“Ons is daarvan bewus dat foto’s en video’s rondgestuur word, maar daar is absoluut geen bewyse dat dit op enige leerling se foon is nie. Die ondersoek duur voort,” sê Pearson.

Op navraag oor hoe dinge Maandag by skool gaan, het hy gesê: “Die seuns kry berading en dit lyk tot dusver of hulle dit goed hanteer.”

Die skool het vroeër bekend gemaak dat Viotti onmiddellik bedank het en dat bewerings van seksuele wangedrag teen haar ondersoek word.

Sy het na bewering ’n verhouding met ’n matriekseun (18) gehad, en die verhouding het glo versuur toe hy dit glo wou beëindig.

Die skool het Viotti se bedanking Saterdag in ’n brief aan ouers bekend gemaak nadat bewerings van verhoudings met “sommige van ons seuns” aan die lig gekom het.

Viotti het in 2006 Suid-Afrika se waterpolo-span by die Statebondspele verteenwoordig, en daarna die waterpolo-afrigter by die skool geword.

Die foto’s en video’s wat Netwerk24 gesien het en wat op regsadvies nie gepubliseer word nie, word wyd op sosiale netwerke soos WhatsApp versprei. In een van die foto’s kan die gesig van Viotti gesien word waar sy ’n kaalborsfoto van haarself in ’n badkamerspieël neem.

In een van die video’s wat aan Netwerk24 verskaf is lê ’n vrou in ’n bed met onderklere aan. In ’n ander video is die vrou heeltemal kaal. Die vrou se gesig is nie in een van dié video’s duidelik sigbaar nie.

William Booth, Viotti se prokureur, het Maandag aan Netwerk24 gesê hy kan nie kommentaar lewer nie. “Die saak word deur die skool ondersoek en ek kan nie in hierdie stadium uitbrei oor die meriete daarvan nie,” sê hy.

“Almal se privaatheid moet gerespekteer word, soos versoek deur die skool. Ons weet nie wie hierdie video’s na u publikasie stuur nie, maar dit is onreëlmatig en onwettig.”

Daar is voorheen berig Viotti het ook in 2009 in die tydskrif Sports Illustrated verskyn, en Nick Mallett, voormalige Springbok-afrigter, is haar oom. Sy is die dogter van Mallett se broer, Dave, wat die skool se eersterugbyspan afrig.

Meer oor:  Bishops Diocesan College  |  Fiona Viotti  |  Rondebosch  |  Kaapstad  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.