Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Bishops kyk na ‘verkrag’-video

Die spogskool Bishops in Kaapstad ondersoek die egtheid van ’n video waarin dit lyk of ’n 15-jarige seun verkrag word terwyl ander leerlinge toekyk.

Die video is wyd op sosiale media versprei.

Die skool sê in ’n verklaring hy weet van die video en dit word “dringend ondersoek”.

In die video word die huilende seun glo verkrag terwyl ander seuns laggend toekyk en die daad glo aanmoedig.

Volgens die verklaring is daar “inligting wat daarop dui dat die bewerings van verkragting op sosiale media nie korrek is nie, en dat dit die potensiaal het om skade te doen, veral aan die kinders betrokke”.

Die seuns en hul ouers is reeds gekontak en geen verdere kommentaar sal gelewer word nie, sê die skool in sy verklaring.

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, het Saterdag gesê die bewering is “ernstig en kommerwekkend”.

“As die bewerings waar bewys word, is dit ’n verleentheid en streng optrede is nodig teen almal betrokke, ook teen diegene wat dit verfilm en die optrede aangemoedig het, asook diegene wat die video versprei het.”

Schäfer het gesê as die bewering onwaar is, is dit net so ontstellend. “Die verfilming en verspreiding van sulke materiaal kan nie goedgepraat word nie. Ek is ontsettend ontsteld hieroor.”

Meer oor:  Debbie Schäfer  |  Ondersoek  |  Bishops
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.