Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Bishops-onnie ‘kan dalk nooit weer klasgee’
Fiona Viotti op haar troudag verlede jaar.Foto: Twitter

Die Suid-Afrikaanse Raad vir Onderwysers (Saro) sê hulle sal ook ’n ondersoek doen na beweerde seksuele wangedrag deur ’n onderwyseres van die Bishops Diocesan College in Rondebosch, Kaapstad.

Die ondersoek sal Dinsdag begin en die raad sê daar is ’n moontlikheid dat Fiona Viotti (30) van die rol van opvoeders geskrap kan word indien sy skuldig bevind word.

Dié raad reguleer alle onderwysers in die land, onderwysers by privaat skole soos Bishops en onderwysers wat in privaat of onafhanklike skole werksaam is.

“Saro sal van Dinsdag af ondersoek instel na die saak,” sê die raad.

“Hoewel ons nie die uitslag van die saak wil vooruitloop nie, kan onderwysers in gevalle van seksuele wangedrag onbepaald van die rol van opvoeders geskrap word.”

William Booth, Viotti se prokureur, was Maandag verras toe hy gevra is oor Saro se ondersoek en het gesê hy was glad nie bewus daarvan nie.

Saro het ’n kode vir professionele etiek vir opvoeders wat die verhouding tussen opvoeders en leerlinge reguleer en wat sekere soorte verhoudings tussen hulle verbied.

Op die raad se webtuiste lui sommige van die reëls dat ’n opvoeder hom/haar van die volgende gedrag moet weerhou:

* Onbehoorlike fisieke kontak met leerlinge;

* Om leerlinge van enige skool die hof te maak;

* Enige vorm van seksuele teistering (fisiek of andersins) van leerlinge;

* Enige vorm van ’n seksuele verhouding met leerlinge van enige skool; en

* Om enige leerling aan pornografiese materiaal bloot te stel en/of pornografiese materiaal in hul besit te hê.

Juffrou vir mediese sorg opgeneem

Intussen is Viotti vir mediese sorg opgeneem. Booth het dit Maandag bevestig, maar wou nie besonderhede gee oor waar of wanneer sy opgeneem is nie.

“Sy ontvang berading en mediese sorg. Ek is nie bereid om die kwessies te bespreek nie aangesien dit vertroulik is en sy geregtig is op haar privaatheid.”

Viotti het waterpolo afgerig en het glo ook vir ’n tydperk geskiedenis gegee. Haar pa, Dave Mallett, is ’n geskiedenisonderwyser by Bishops.

Die skool ondersoek Viotti, wat verlede jaar getroud is, vir seksuele wangedrag nadat dit aan die lig gekom het dat sy ’n onvanpaste seksuele verhouding met ’n 18-jarige matriekleerling gehad het.

Die skool het daarna gesê hulle kon bevestig dat daar meer as een seun oor ’n tydperk betrek is. Guy Pearson, die skoolhoof, wou egter nie verdere besonderhede verskaf oor die omvang van die ondersoek en die bevindinge nie en het gesê hulle sal kommentaar lewer sodra die ondersoek afgehandel is.

Booth sê Viotti is steeds in die Kaap en is bereid om met die skool se ondersoek saam te werk. Hy sê daar is steeds geen strafregtelike klagte teen Viotti nie.

Meer oor:  Fiona Viotti  |  Onderwys  |  Onderwyser  |  Bishops-Seksskandaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.