Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Bishops-seksskandaal: Nog seuns glo oor jare geaffekteer
Fiona Viotti (30) Foto: Twitter

Meer as een seun van die Kaapse spogskool Bishops Diocesan College was betrokke by die bewerings van seksuele wangedrag teen die onderwyseres Fiona Viotti (30). 

Die skool se hoof, Guy Pearson, het dít Dinsdag in ’n verklaring bevestig.Volgens Pearson is geen van die seuns sover hulle kon vasstel onder die ouderdom van 16 nie.

Dit is die wettige ouderdom waarop minderjariges kan instem tot seks met ’n volwassene.Viotti se prokureur, William Booth, sê hy wil nie kommentaar lewer op die skool se verklaring nie omdat die ondersoek nog nie afgehandel is nie. 

“Dit sal nie in die betrokke partye se beste belang wees om nou enige besonderhede bekend te maak nie,” sê hy.

Hy het Vroeër Dinsdag gesê sy kan moontlik regstappe neem teen diegene wat eksplisiete foto’s en video’s van haar versprei.

“Ek het al verskeie kere gesê die verspreiding van die video’s en foto’s is hoogs onreëlmatig en onwettig,” sê  Booth.

Fiona Viotti saam met lede van ’n Bishops- waterpolospan by ’n onlangse wedstryd.

“Dit is baie moeilik om te bepaal waar die materiaal vandaan kom en wie dit oorspronklik begin versprei het. Dit is ook ’n groot uitdaging, byna onmoontlik, om te keer dat dit versprei word,” sê hy.

"Maar ons oorweeg die moontlikheid om stappe te doen.” 

Volgens hom is daar nie tans ’n aanduiding dat Viotti se selfoon of ander toestelle onwettig deur iemand onderskep is nie.Van die foto’s en video’s waarna Booth verwys is in

Netwerk24 se besit, maar word op regsadvies weerhou.Verder sê Booth dat hy namens Viotti die skool gekontak het om hul volle samewerking aan te bied met die saak wat deur die skool ondersoek word.

Geen strafregtelike saak is teen Viotti aanhangig gemaak nie. 

Die laaste keer toe sy by die skool was, was toe sy bedank het, sê Booth. Sy het glo ongeveer ses jaar by die skool gewerk en onder meer waterpolo afgerig.

Fiona Viotti saam met lede van ’n Bishops- waterpolospan by ’n onlangse wedstryd.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.