Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Bishops-seksskandaal: Onnie gee nie haar weergawe

Die oudonderwyseres van die Bishops Diocesan College in Rondebosch wat beskuldig word van seksuele wangedrag met leerlinge, het nie haar weergawe van gebeure aan ondersoekers gegee nie.

Fiona Viotti se prokureur, William Booth, sê hy het haar geadviseer om eerder nie met die ondersoekers te praat nie.

“In die stadium dat die ondersoekers mense ondervra het, het sy steeds behandeling ontvang,” sê Booth. “Sy was dus nie in die beste toestand nie.”

Die ondersoek is gedoen deur prokureurs en senior advokate wat deur die skool aangestel is. Die skool het voorheen gesê die ondersoek is voltooi, maar die uitslag daarvan word teruggehou tot ná die matriekeksamen.

Die skool het gesê hy sal Maandag ’n verklaring uitreik.

Fiona ViottiFoto: Argief

“Al het Fiona nie regstreeks ’n verklaring aan die ondersoekers gestuur nie, was ek in kontak met hulle. Ons het gereeld gepraat, briewe verwissel en persoonlik vergader. Dit is alles vertroulik gedoen,” sê Booth.

Hy het teen Sondagmiddag nog nie die formele verslag oor die ondersoek ontvang nie. Hy het dit wel aangevra.

“Ek weet steeds nie wat die finale bevindings is nie,” sê hy.

Netwerk24 het vroeër berig twee van die vyf seuns wat na bewering deur die wangedrag geraak is, was vanjaar in matriek. Nog een is ’n gr. 11-leerling, een is ’n student aan ’n universiteit in Kaapstad en een is glo al ’n pa en woon oorsee.

Booth het voorheen gesê hy glo nie daar is bewyse dat Viotti ’n misdaad gepleeg het nie en daarom is daar “geen grondslag vir enige strafregtelike klag nie”.

Daar is egter ’n moontlikheid dat die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (Saro) Viotti sal ondersoek. Die raad het voorheen gesê as sy skuldig bevind word aan die gedrag waarvan sy beskuldig word, is dit moontlik dat sy nooit weer as ’n onderwyser sal mag werk nie.

“In die stadium dat die ondersoekers mense ondervra het, het sy steeds behandeling ontvang,” sê Booth. “Sy was dus nie in die beste toestand nie.

Saro het kort ná die skandaal op die lappe gekom het, gesê hy beplan om die bewerings te ondersoek, maar het later gesê hy sal wag totdat die skool se ondersoek afgehandel is.

Moontlike regstappe teen mediahuise

Booth sê hulle oorweeg regstappe teen sekere mediahuise wat Nick Mallett, voormalige Springbokrugbyspeler en -afrigter, regstreeks met die skandaal verbind het.

Mallett is Viotti se oom.

“Hy was glad nie betrokke by die saak nie, maar sy naam is baie prominent in sekere publikasies gebruik. Ons oorweeg dit om klagte by die nasionale persraad in te dien asook om in die hof te eis vir skadevergoeding,” sê Booth.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.