Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Bougas open kleuterskole om beter toekoms te bou

Die TV-aanbieder en vervaardiger Anthonie Bougas en ’n span opvoeders is besig om kleuterskole op ’n streep in die binneland te open.

Die deure van die kleuterskool in Langenhovenpark is Saterdag geopen. Foto: Verskaf

Eers was dit Parys, toe Sasolburg, en vandeesweek spog Bloemfontein en Kathu in die Noord-Kaap met nuwe kleuterskole met klimrame wat van Duitsland ingevoer is.

Saterdag is die jongste een met groot jolyt in Langenhovenpark, Bloemfontein, oopgemaak toe Lollos, die vriendelike karakter van Lalaland, al die pad van die Kaap gekom het en 150 kleuters laat skaterlag het.

Bougas het Maandag in ’n telefoniese onderhoud vertel hoe die droom om 27 kleuterskole landwyd oop te maak ontstaan het.

“Met my besoek aan amper 1 000 laer- en kleuterskole deur die TV-reeks Kleuterzone, het ek besef hoe belangrik die ontwikkeling van ’n kind is.”

Om ’n impak op die jeug te maak het hy en ’n span opvoeders dit hul doelwit gemaak om klein mensies opvoedkundig, emosioneel, sosiaal en fisiek te ontwikkel.

Launette van Niekerk, ’n onderwyseres van Parys, het die algemene konsep ter tafel gelê en Reinette Cunningham, ’n onderwyseres met 30 jaar ervaring, is die uitvoerende hoof van al die skole.

“Ons is opgewonde om te sien hoe ons kleuters in die laerskole vaar en weet dat hulle vorentoe ’n verskil in die samelewing sal maak.”

Hy sê hulle is ’n span wat ’n huis identifiseer, koop, gras plant en dan binne tien dae in ’n volwaardige kleuterskool omskep.

Anthonie Bougas, TV-aanbieder en sanger. Foto: Verskaf

Hul fokus in die leerproses in hierdie skole op sintuie. Vakke soos wiskunde, lewensoriëntering en wetenskap is gratis ingesluit.

Dit het baie voetwerk gekos om die huis in Langenhovenpark vir sakedoeleindes te bekom.

“Percyrussel Makwinzha van Rendani Consultants moes met Mangaung vergader. Dit is in die proses om hersoneer te word.”

Hulle hoop om ook in Dan Pienaar ’n skool te open. Teen April sal hulle minstens tien skole die lig laat sien.

Meer oor:  Parys  |  Sasolburg  |  Bloemfontein  |  Kathu
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.