Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Brackenfell: EFF sê Schäfer is ’n apologeet vir rassisme

Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, Debbie Schäfer, is ’n “apologeet vir rassisme” wat vir rassisme in die Hoërskool Brackenfell verskonings maak, sê die EFF.

Die reaksie volg op die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) se bevinding dat die matriekafskeid wat leerlinge van dié skool gehou het, ’n private geleentheid was, dat niemand op grond van ras uitgesluit was nie en dat daar geen gronde is om onderwysers te vervolg nie.

Dié geselligheid het verlede maand ’n rasseherrie ontketen waarin lede van die EFF en ouers voor die skool slaags geraak het.

Schäfer het Maandag in ’n verklaring gesê die verslag oor die WKOD se ondersoek bevestig aanvanklike berigte dat dit ’n private geselligheid was en dat alle matrieks, asook verskeie leerlinge van ander skole, uitnodigings ontvang het.

EFF-ondersteuners en ’n groep ouers bots in November buite die Hoërskool Brackenfell ná bewerings van rassisme oor ’n matriekafskeidgeselligheid. Foto: Jaco Marais

Daar is geen bewyse dat leerlinge van die Hoërskool Brackenfell wat nie die geleentheid bygewoon het nie, doelbewus op grond van hul ras uitgesluit is nie, het die WKOD bevind.

Wandile Kasibe, die EFF-woordvoerder, het gesê hulle het nog nie die WKOD se verslag onder oë gehad nie en sal dit eers bestudeer voordat hulle kommentaar lewer. Nogtans sê hy “weens die geïnstitusionaliseerde rassisme is dit vir ons duidelik dat die LUR ’n apologeet vir rassisme is en dat ons haar van nou af so sal behandel”.

Kasibe het gesê die EFF is nie verbaas dat “apologete vir rasissme” die WKOD en die skool wil vryspreek van hul verantwoordelikheid vir die geïnstitusionaliseerde rassisme by die Hoërskool Brackenfell nie.

“Baie leerlinge het na vore gekom om die rassistiese praktyk by die skool te bevestig. Wat die departement gedoen het, is om nie net hierdie getuienisse te ignoreer nie, maar ook die werklike ervarings van rassisme, onderdrukking en diskriminasie teen swart en bruin leerlinge by die skool onder die mat in te vee.”

Kasibe het gesê hulle het nie juis verwag dat Schäfer tot ’n ander slotsom sou kom nie, “aangesien sy deel is van ’n organisasie soos die DA, wat tot op hede net rassisties is”.

“Wat ons hier sien, is niks anders nie as ’n wit oppermag wat die rassisme verdedig wat geïnstitusionaliseer is in skole soos die Hoërskool Brackenfell en baie ander skole wat rassisme beoefen.”

Meer oor:  Eff  |  Debbie Schäfer  |  Brackenfell  |  Rassisme  |  Rassis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.