Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Brandwonde keer nie Aniek se sak vol onderskeidings

Ongeag 50 chirurgiese prosedures nadat sy brandwonde oor 95% van haar liggaam opgedoen het, het Aniek Nieuwenhuis (24) die beste punte behaal wat haar fakulteit nóg gesien het.

Nieuwenhuis, van Krigeville in Stellenbosch, het dié erge brandwonde opgedoen ná ’n gasontploffing 15 jaar gelede. Sy was toe slegs nege jaar oud, en haar pa, Paul, het ook ernstige brandwonde opgedoen toe ’n gasbottel ontplof het.

Aniek Nieuwenhuis (24).Foto: Verskaf

Dokters het gesê sy het slegs ’n 20%-kans op oorlewing. Sy was toe vyf maande lank in die Rooikruis-kinderhospitaal, en was ’n jaar lank nie skool toe nie. Sy het toe gesond genoeg geword om terug te gaan skool toe, en sy het sommer gr. 4 oorgeslaan en met gr. 5 begin.

En nou, jare later, kry Nieuwenhuis haar graad in visuele kuns by die Michaelis-skool vir visuele kuns in die fakulteit geesteswetenskappe aan die Universiteit van Kaapstad.

Sy het onderskeidings in al haar vakke behaal. Sy is die eerste student in die departement wat dié akademiese prestasie behaal.

Nieuwenhuis het in haar finale proefskrif op kunsterapie gefokus. Sy het gefokus op kuns as ’n terapeutiese proses, en hoe dit mense help om sin te maak van traumatiese gebeure.

“Kuns skep die moontlikheid om dinge self te vertolk. Dit help jou om vir jouself te dink. Dit het my regtig geïnspireer, en volgens my het dit my studies soveel makliker gemaak,” sê Nieuwenhuis.

Aniek waar sy foto’s ontwikkel.Foto: Verskaf

Om te weet dat die lewe in ’n oogwink kan verander, help haar om sommige dinge in die lewe minder ernstig op te neem. Wat normaalweg ’n groot uitdaging is vir iemand van haar ouderdom, is nie ’n groot uitdaging vir haar nie.

“Ek sê altyd vir myself, jy is al deur baie erger dinge. Jy kan enigiets doen ná dit wat jy verduur het, so staan ??op en gaan vorentoe,” sê Nieuwenhuis.

Deur haar kunstalent het Nieuwenhuis oopgemaak oor die trauma wat sy as kind beleef het. Sy het verlede maand ’n fotografie-versameling getiteld Skin Deep by Gallery One11 in Kaapstaduitgestal.

Nieuwenhuis beeld haarself in haar fotografiese kuns uit, en sy beskryf dit as ’n manier om haar storie te deel en die emosies uit te druk wat sy voorheen onderdruk het.

“Dit is my manier om mense te vra om my trauma te sien, om dit te erken en om my littekens te sien. Dit is ’n manier waarop mense leer hoe om fisieke verskille te verstaan,” sê sy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.