Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Bredasdorp-ouers bedag ná byna-ontvoering

Talle ouers met kinders in die Laerskool Bredasdorp is nou nog meer op hul hoede nadat ’n vierjarige meisie verlede week byna ontvoer is.

Die dogter se ma en ouer suster, glo ’n leerling van die laerskool, was Dinsdagmiddag by haar toe ’n enkele vermeende ontvoerder die vierjarige voorskoolse kind wou neem.

Die ingang van die Laerskool Bredasdorp.Foto: Argief

’n Ingeligte sê die man het ’n klapmus aangehad toe hy die meisie buite die skoolterrein op die hoek van Viljoen- en Buitekantstraat oorkant die skool probeer ontvoer het.

Die laerskool se hoof, Dwain Brown, het Vrydag gesê ouers kon die man verwilder en niemand is beseer nie.

Nou is talle ouers ekstra versigtig wanneer hulle hul kinders by die skool af- en oplaai, uit vrees dat hulle moontlik ook ’n slagoffer van so ’n voorval kan word.

Talle mense het op Facebook kommentaar gelewer en ouers gekritiseer wat hul kinders net aflaai en wegry. Van die plaaslike inwoners is baie ontsteld oor hierdie aanmerkings en sê dit is glad nie die geval op Bredasdorp nie.

“Almal in ons gemeenskap kyk uit vir hul kinders,” sê Melanie Clifton-Smith, ’n jarelange inwoner van die dorp.

“Mense wat Bredasdorp se ouers ken, weet dat die motors en mense altyd volop is voor die skool wanneer skool begin en uitkom. Daar is nooit eens ’n gaatjie om te parkeer nie!”

Clifton-Smith meen die veiligheid by die skoolterrein is uitstekend en daar word goed rekord gehou wanneer kinders by die skool aankom en weer huis toe gaan.

Sy sê egter oor die afgelope jaar is daar gereeld “rondlopers” wat om die skoolterrein beweeg. Dit maak talle ouers bekommerd.

“Wanneer vreemdelinge tussen ons kinders beweeg, is ons baie meer bedag op ons omgewing, en ons is selfs nog meer besorg oor mekaar,” sê sy.

Brown het ná die voorval ’n algemene waarskuwing aan ouers uitgereik en gesê die skool neem die saak baie ernstig op.

“Weens die onlangse gebeure in die media oor ontvoering van die leerling, wil ons as skool geen kanse waag nie,” het hy Donderdag gesê.

Meer oor:  Bredasdorp  |  Ontvoering  |  Misdaad  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.