Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Brief onthul onderwysers vlug oor kinders se gedrag

Leerlinge se swak gedrag lei glo daartoe dat die Hoërskool Vanderbijlpark onderwysers verloor en die skool sal hom nie verder bemoei om onderwysers in vakante poste aan te stel wat weens hierdie rede die hasepad kies nie.

Dit is die boodskap in ’n brief aan ouers, onderteken deur P.W. Pieterse, waarnemende skoolhoof.

Hoërskool Vanderbijlpark
Hoërskool Vanderbijlpark Foto: Facebook

In dié brief wat op 16 April gestuur is, word ouers in kennis gestel dat die skool sukkel om onderwysers op te spoor om die kurrikulum aan te bied.

Die onderwyser wat vir Afrikaans eerste addisionele taal aangestel is, was volgens die brief egter “’n korttermynoplossing”.

“Sommige leerlinge maak dit onmoontlik vir die opvoeder om haar werk te doen. Leerlinge ontwrig die klasse, loop uit die klas, skree op die opvoeder, bring nie hul boeke skool toe nie of haal dit nie uit vir klas nie. Dié gedrag is nie beperk tot net hierdie klas nie, maar (kom ook voor) in ander klasse.”

Volgens die brief verloor die skool opvoeders weens die leerlinge se gedrag.

Die gereelde afwesigheid van die onderwysers word daaraan toegeskryf dat hulle “afgebreek word deur onhebbelikheid en leerlinge wat nie hul werk wil doen nie”.

“Ons sal nie vir opvoeders soek om die leë poste te vul wat die gevolg is van leerlinge wat nie wil werk nie en die klasse ontwrig. As leerlinge nie wil werk nie, of as hulle die onderrig verder wil ontwrig, sal ons nie in staat wees om hulle te onderrig nie.”

In die brief word erken dat alle leerlinge hulself nie hieraan skuldig maak nie, en nou oor dieselfde kam as hul maats geskeer word.

“Leerlinge wat klasse ontwrig sal geïdentifiseer word en hul ouers/voogde is welkom om te kom en hulle te onderrig.”

Pieterse wou Dinsdag nie enigiets sê oor die brief wat ouers ontvang het nie. Hy wou ook nie eens bevestig of hy die brief geskryf het, of nie.

Hy het alle navrae na die departement van onderwys in Gauteng verwys. Edward Mosuwe, hoof van die departement, het by navraag gesê die departement is bewus van die brief en is besig om die saak te ondersoek.

Die brief aan die ouers van die Hoërskool Vanderbijlpark.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.