Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Brugtragedie: Nog 'n leerling sterf

Marnus Nagel, 16-jarige, gr. 10-leerling aan die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark, is dood ondanks talle operasies om sy lewe te red.  

Marnus en nog leerlinge van die skool is Vrydag ernstig beseer toe ’n loopbrug ineengestort het. Hy is die vierde leerling wat dood is.  

Nuus oor sy dood is op die Facebookblad Gebedsgroep vir Driehoek Kinders deur Anneri du Plessis geplaas. Nog 'n bron het sy dood aan Netwerk24 bevestig. 

’n Familielid van Marnus, wat verkies om nie haar naam te noem nie, het Saterdag aan Netwerk24 gesê hy het twee operasies ondergaan om inwendige bloeding te stop.

Marnus Nagel, wie se toestand Saterdag effens verbeter het. Foto: Facebook

“ ’n Deel van die een operasie was om bloedtoevoer na sy een been te herstel omdat hy ’n bloedklont weens ’n besering in sy pelvis ontwikkel het.”

Marnus het ook ernstige beenbreuke opgedoen, maar die dokters het aan sy ouers verduidelik hulle kan eers aandag aan sy ander beserings gee as hy gestabiliseer is en nie meer inwendig bloei nie.

Hy het weens die inwendige bloeding minstens 14 eenhede bloed gekry.

Marnus is in die Unie-hospitaal in Alberton behandel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.