Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Busse vir skoolvervoer staak in Wes-Kaap

Talle skoolkinders wat in die Wes-Kaap deur buskontrakteurs vervoer word, sal van Woensdag nie vervoer hê nie omdat lede van die Suid-Afrikaanse Raad vir Klein Busoperateurs (SANSBOC) ’n staking uitgeroep het.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) het die staking skerp veroordeel en sê in ’n mediaverklaring die hoofrede vir die staking is omdat die WKOD korttermynkontrakte geadverteer het.

Die WKOD sê die korttermynkontrakte word gebruik om mettertyd al die kontrakte saam te laat val. Busoperateurs het nog tot Oktober tyd om aansoek te doen vir die vyf jaarkontrakte.

Dit gee moontlike diensverskaffers meer as genoeg tyd om tenders voor te berei sê die WKOD.

Die departement sê hoewel SANSBOC geregtig is om ontevrede te wees oor sy werkswyse, is hul optrede onaanvaarbaar en onverantwoordelik.

Hoewel SANSBOC sê die beoogde staking is nie daarop gemik om skoolkinders te benadeel nie, is dit juis wat hy doen.

Die onderrig van duisende kinders word op die spel geplaas, sê die WKOD.

SANSBOC sê op sy beurt in ’n mediaverklaring die kontrakte tussen sy lede en die departement is al vir jare ’n administratiewe nagmerrie en dat baie klein busoperateurs al weens dié probleme hul ondernemings moes sluit.

Die departement is volgens SANSBOC al in 2006 deur die hof beveel om in ’n sinvolle gesprek met busoperateurs te tree, maar toe dit uiteindelik in 2009 gedoen is, was dit niks anders as ’n rookskerm nie.

Voorstelle van SANSBOC vir ’n nuwe tenderdokument is deur die WKOD geïgnoreer en tenders is geadverteer sonder dat die operateurs genoeg tyd gekry het om aan die vereistes te voldoen.

SANSBOC het Maandag in ’n brief aan die WKOD gesê die busbestuurders sal staak totdat die departement reageer op die kwessies.

SANSBOC sê die besluit om alle vervoer na skole te staak was ’n moeilike besluit en die belange van die skoolkinders asook van die busbestuurders wat hul inkomste verloor, moes teen mekaar opgeweeg word.

SANSBOC het reeds die skole wat sy lede bedien, ingelig oor die komende staking.

Ongeveer 70% van die klein busoperateurs in die Wes-Kaap is lid van SANSBOC.

Meer oor:  Wkod  |  Onderwys  |  Busse  |  Staking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.