Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Bykans 50 verkragtings in 2017 op SA kampusse

Bykans 50 verkragtings is verlede jaar by hoëronderwysinstellings aangemeld.

Naledi Pandor, minister van hoër onderwys, het dié inligting in antwoord op ’n geskrewe parlementêre vraag van Nontando Nolutshungu, EFF-LP, verskaf.

Altesaam 48 verkragtings het aan universiteite en TVET-kolleges voorgekom.

Nie álle hoëronderwysinstellings het egter hul inligting aan Pandor verskaf nie – net 20 universiteite en vier TVET-kolleges het hierdie inligting aangestuur.

Ek weet die adjunkminister van hoër onderwys het onlangs ’n veldtog teen misdaad teen vroue op kampusse begin, maar ek voel tog die krisis is so groot en die regering het geen plan om aandag daaraan te gee nie.

Dit blyk dat die meeste verkragtings (nege) by die Universiteit van Kaapstad aangemeld is.

Hiernaas is sewe verkragtings by die Walter Sisulu-Universiteit in die Oos-Kaap, ses by die Tshwane-Universiteit van Tegnologie, vyf by die Nelson Mandela-Universiteit, vier by die Universiteit van Johannesburg en drie by die Northlink TVET-kollege in Bellville, Kaapstad aangemeld.

Lunga Ngqengelele, Pandor se woordvoerder, het gesê die minister het ’n noodvergadering oor die kwessie aangevra. “Die minister wil hê dié vergadering moet so gou as moontlik plaasvind,” het hy Donderdag by navraag gesê.

Die minister is besorg oor die verkragtings en wil met die hoofde van alle universiteite en TVET-kolleges daaroor vergader.

“Ons wil kyk wat nog gedoen kan word om te verseker dat die kwessie van geweld by universiteite en kolleges aandag geniet,” het Ngqengelele gesê.

Vroeër vanjaar is berig dat Khensani Maseko, ’n student aan die Rhodes-Universiteit, haar eie lewe geneem het nadat sy glo verkrag is.

Liezl van der Merwe, IVP-LP, het gesê die regering moet ’n kopskuif oor die kwessie maak en het ’n beroep gedoen dat meer maatskaplike werkers op die kampusse aangestel word.

“Ek weet die adjunkminister van hoër onderwys het onlangs ’n veldtog teen misdaad teen vroue op kampusse begin, maar ek voel tog die krisis is so groot en die regering het geen plan om aandag daaraan te gee nie.

“Verskeie staatsdepartemente het vroeër ’n geïntegreerde plan van aksie teen geslagsgeweld begin, maar hulle het almal intussen erken dat die plan nie gewerk het nie. Die regering het dus ’n plan, maar ook nie ’n plan nie.”

Sy glo die regering moet dringende stappe doen. “Daar moet byvoorbeeld maatskaplike werkers op universiteitskampusse beskikbaar wees. Jy het mense nodig wat studente kan help sodat hulle kan weet daar is iemand wat hulle sal bystaan. Só sal verseker word dat studente na vore kom. Hulle moet ook weet dat hulle ernstig opgeneem word en dat die polisie die sake sal ondersoek,” het Van der Merwe gesê.

Meer oor:  Naledi Pandor  |  Kampusse  |  Universiteite
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.