Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Byna R1 mjd. gegee vir historiese studieskuld
Naledi Pandor Foto: Daily Sun

Byna R1 miljard is bewillig om studente se historiese studieskuld aan veral universiteite landwyd te vereffen.

Naledi Pandor, minister van hoër onderwys en opleiding, het Sondag aangekondig dat haar departement ’n bykomende R967 miljoen aan die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) toegeken het om die historiese studieskuld van sowat 52 514 NSFAS-studente te delg.

Dit is dié studente wat in 2018 aan universiteite geregistreer was, maar kragtens die vorige NSFAS-bedeling gefinansier is.

Die vereffening van historiese studieskuld was vroeër vanjaar een van die griewe waaroor studente gedreig het om universiteitskampusse landwyd tot stilstand te dwing as dit nie aandag kry nie.

Pandor het Sondag gesê historiese skuld aan universiteite is reeds geruime tyd vir alle rolspelers ’n bron van kommer.

Haar departement het Sondag ook ’n beroep op alle belanghebbendes, veral die private sektor, gedoen om saam met die regering en ander rolspelers te werk aan oplossings vir studente uit gesinne wat nie studiegeld kan bekostig nie.

Pandor het dit benadruk dat haar departement met alle rolspelers sal saamwerk om studieskuld aan universiteite te verlig en om ’n omvattende oplossing te vind om ook die “vermiste-middel”-studente te help om hul studies te finansier.

Die stelsel waarvolgens die NSFAS finansiering verskaf, het in 2018 aansienlik verbeter.

Hierdie is volgens Pandor die eerste fase waarin aandag gegee word aan die historiese skuld aan universiteite. Dit geld vir studente wat in 2018 aan universiteite geregistreer was en voldoen het aan die akademiese vereiste om binne die minimum tydperk plus twee jaar te gradueer. Hulle is deur die vorige NSFAS-bedeling gefinansier op grond van ’n gesinsinkomstedrempel van R122 000.

Die stelsel waarvolgens die NSFAS finansiering verskaf, het in 2018 aansienlik verbeter.

“Daar is van hierdie studente (uit die vorige stelsel) vereis om deel van hul koste self te finansier. Baie was nie daartoe in staat nie.

“Gevolglik was die NSFAS-finansieringbedrag soms onvoldoende om die totale studiekoste, veral by universiteite en duur akademiese programme, te dek. Dit het veroorsaak dat studente se skuld aan hul instelling ophoop ten spyte daarvan dat hulle deur die NSFAS gefinansier is.”

Volgens Pandor is die verwagting dat alle studente wat nog deur die ou NSFAS-skema gefinansier word, die stelsel teen 2022 sal verlaat.

Meer oor:  Naledi Pandor  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.