Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Covid-19: Caledonse leerlinge kla oor maatreëls

’n Groep leerlinge van die Swartberg Sekondêre Skool in Caledon het Maandag by die onderwysdepartement se distrikskantoor gaan kla oor die toepassing van Covid-19-maatreëls by die skool.

Dit volg nadat twee leerlinge verlede week en ’n derde leerlinge Maandag positief getoets is vir die virus. Sewe leerlinge wat in noue kontak met hulle was, het hulself daarna geïsoleer.

Geen onderwysers is positief getoets nie.

Bronagh Hammond, direkteur van kommunikasie van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het gesê die klein groepie leerlinge het hul kommer gelug oor hoe maatreëls by die skool toegepas word.

Volgens haar was daar nie vantevore enige klagtes by die departement oor hoe die skool die Covid-19-maatreëls toepas nie en daar sal met die skoolbestuur gepraat word om te verseker die regte prosedures word gevolg.

Meer oor:  Caledon  |  Skool  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Covid-19  |  Virusgevalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.