Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Chaos op Schweizer, breek heining om kinders te red

Vir die jongste, volg ons regstreekse dekking hier.

Emosionele tonele het by die Laerskool Schweizer-Reneke afgespeel toe ouers hul kinders uit die skool gehaal het. Dit volg nadat 'n klein groepie betogers Donderdagoggend op die skool in Noordwes toegesak het.

schweizer
Emosionele tonele het hulle by die skool afgespeel. Foto: Christiaan du Plessis

Dit kom nadat 'n foto wyd op sosiale media gedeel is wat wys hoe wit en swart kinders, glo in 'n gr. R-klas by die skool, apart sit.

Besorgde ouers het by die skoolterrein saamgedrom om te wag dat hul kinders verwyder word. 

Een só 'n ouer, wat anoniem wil bly, sê die skool het die ouers laat weet om hul kinders te kom haal.

"Dit gaan oor die kinders se veiligheid," het hy gesê.

'n Stuk van die palissadeheining is oopgebreek om die kinders uit te kry.

Van die ouers het gehuil omdat hulle nie hul kinders kon opspoor nie.

'n Span onder leiding van die LUR vir onderwys en sportontwikkeling in Noordwes, Sello Lehari, sal na verwagting Donderdag die skool besoek om ondersoek in te stel.

Schweizer
'n Man leen sy foon vir 'n meisie sodat sy haar ma kan bel om haar te kom haal. Die gesigte is verbloem om die kinders te beskerm. Foto: Christiaan du Plessis

schweizer
Ouers wat hulle kinders by die skool kom haal. Foto: Christiaan du Plessis
schweizer
Die toneel by die Laerskool Schweizer-Reneke. Foto: Christiaan du Plessis
Die foto wat op sosiale media gedeel is wat ’n rasseherrie veroorsaak het. Die kinders se gesigte word verbloem om hul identiteit te beskerm. Foto: Twitter

Meer oor:  Laerskool  |  Schweizer-Reneke  |  Rasseherrie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.