Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Cosas se bewerings oor Alberton-skool ‘lasterlik’

Die studenteorganisasie Cosas se wilde bewerings van rassisme by dié skool is ongegrond en lasterlik, sê die Hoërskool Dinamika in Alberton.

Die Hoërskool Dinamika ontken bewerings van rassisme. Foto: Facebook

Dié bewerings is gemaak nadat ’n leerling betrap is dat hy na bewering dagga op die skoolterrein gerook het.

Volgens Cosas het die skool versuim om die regte stappe te doen en die seun summier geskors.

“Die onderhoof, ’n rassistiese Afrikaner, het die leerling onwettig geskors. Daar was geen skriftelike waarskuwing of ’n tugverhoor nie. Die leerling is ook nie toegelaat om die eksamen te skryf nie,” lui die verklaring.

Cosas beweer dat die onderhoof aan hulle gesê het hy wil nie swart kinders in die skool hê nie. Hy het na bewering die k-woord gebruik.

Charles Bailie, voorsitter van die beheerliggaam, sê Cosas se bewerings oor rassisme is onwaar en dat die leerling nie geskors is nie.

“Dit is ongegrond, onnoukeurig en lasterlik. Dié organisasie het die bewerings gemaak sonder om die skool te kontak en die regte feite te kry,” het Bailie Vrydag gesê.

“Die betrokke leerling, wat in April positief getoets is vir die gebruik van dwelms, het voor ’n tugverhoor verskyn.

“Hy het voor die skool se beheerraad verskyn in ’n tugverhoor. Sy tannie, ouma en oupa het saam met hom opgedaag en gevra vir uitstel. Die komitee het ingestem, maar niemand het by die tugverhoor ’n week later opgedaag nie.”

Bailie sê ’n versoek om die leerling te skors, is gevolglik aan die departement gestuur.

Hy het voor die skool se beheerraad verskyn in ’n tugverhoor.

Volgens Bailie is dit nie die eerste keer dat die leerling die skoolreëls oortree nie.

“Hy is verlede jaar ook met dwelms gevang, maar is die geleentheid gegee om na sy foute te kyk.”

Die skool ontken ook die rassistiese voorval.

“Die onderhoof is in beheer van dissipline by die skool en ontken dat hy die k-woord gebruik het.”

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, sê die departement het met die leerling en die skool kontak gemaak.

“ ’n Tugverhoor vind op 16 Julie plaas en intussen word die saak verder ondersoek,” het Mabona Vrydag gesê.

Meer oor:  Cosas  |  Steve Mabona  |  Alberton  |  Rassisme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.