SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Onderwys
Departement haal spertyd vir plasings in skole

Al die gr. 1’s en gr. 8’s van 2020 wat vir skole aansoek gedoen het, is nou geplaas, het Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, Dinsdag by die wetgewer in Johannesburg aan joernaliste gesê.

Dit beteken die departement het sy eie spertyd van die afgelope naweek gehaal.

Tog is daar nou nog drie probleme waarmee die departement te doen kry, sê Lesufi:

1) Ouers wat ontevrede is oor die skole waarin die departement hul kinders geplaas het. “Dié ouers word aangemoedig om appèl aan te teken (deur middel van die departement se digitale appèlvorm),” het Lesufi gesê.

2) 27 000 ouers wat nie dokumente by skole ingedien het nie en dus plasing verbeur het. Sodra hierdie ouers hul dokumente indien, kan kinders nog by 1 033 skole geplaas word wat nog plek het, sê Lesufi.

3) Ouers wat geensins aansoek gedoen het nie. Dié ouers sal moet wag tot volgende jaar Januarie, sê Lesufi.

Meer volg.

Meer oor:  Payaza Lesufi  |  Departement Van Onderwys  |  Spertyd  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.