Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Departement klap nou die sweep by Grey-kollege

Die skoolhoofdrama by Grey-kollege in Bloemfontein het nog ’n kinkel bygekry toe die onderwysdepartement die skoolhoof van die laerskool verbied het om met sy pligte as skoolbestuurder van die hoërskool voort te gaan.

Jurie Geldenhuys het opdrag by die departement gekry om hom by sy pligte as hoof van die laerskool te bepaal.

Geldenhuys het Woensdag ’n brief van adv. Tsoarelo Malakoane, onderwyshoof van die Vrystaat, ontvang waarin hy beveel is om die bykomende pligte as skoolbestuurder van die hoërskool te staak.

Jurie Geldenhuys, hoof van Grey-kollege se laerskool.

Die onderwysdepartement het hom einde verlede maand gewaarsku oor dié pligte wat die beheerraad aan hom opgelê het. Malakoane het toe gesê hy moet skriftelik redes gee oor hoekom hy nie dissiplinêr verhoor moet word omdat hy dié pligte verrig sonder dat die departement daarvan in kennis gestel is nie.

Sy antwoord was blykbaar dat hy dit doen omdat die beheerraad hom opdrag gegee het.

In ’n e-pos aan die personeel skryf Geldenhuys: “Aangesien die Vrystaatse onderwysdepartement my werkgewer is, het ek nie ’n ander keuse as om my te onttrek as skoolbestuurder van Grey-kollege Sekondêr nie.”

Geldenhuys is as skoolbestuurder van die hoërskool aangestel ná ’n vergadering van die beheerraad op 15 Mei waarop besluit is om al die sogenaamde beheerliggaampligte van Deon Scheepers, hoof van die hoërskool, weg te neem en na die skoolbestuurder oor te dra. Dit het toesig oor die sport- en kultuurbedrywighede van die skool ingesluit. Scheepers moes hom net op die akademiese sy van die skool toespits.

Scheepers het hom toe tot die hooggeregshof in Bloemfontein gewend om dié besluite van die beheerraad tersyde te laat stel.

Meer oor:  Jurie Geldenhuys  |  Bloemfontein  |  Grey Kollege
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.