Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Departement sluit dalk 2 skole

’n Onseker toekoms staar twee laerskole met ’n handjievol leerlinge in Knysna se munisipale gebied in die Suid-Kaap in die gesig.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement het aangedui dat hy oorweeg om die Primêre Skool Redlands en die Ruigtevlei Primary School buite Knysna aan die einde van 2018 te sluit.

Die departement het ’n aanbeveling vir die sluiting van die twee skole aan Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, gedoen, sê Bronagh Casey, ’n woordvoerder van die departement.

Wanneer al die administratiewe prosesse gefinaliseer is, sal ’n voorlegging opgestel word vir die LUR se oorweging.

Redlands het 44 leerlinge van gr. 1 tot gr. 7 en Ruigtevlei 60 leerlinge van gr. 1 tot gr. 7, volgens Schäfer. Die kinders is hoofsaaklik afkomstig van die Elandskraal- en Ruigtevlei-gebied buite Knysna.

Casey sê die departement het die aanbeveling gedoen omdat hy glo daar is beter geleenthede by ander skole vir die leerlinge se opvoeding, soos enkelgraad-onderrig pleks van multigraad-onderrig, asook buitemuurse aktiwiteite.

Volgens Casey het die LUR nog nie die minute en opnames ontvang van openbare verhore (met onder andere ouers en ander belanghebbendes) oor die voorgenome sluiting nie.

“Wanneer al die administratiewe prosesse gefinaliseer is, sal ’n voorlegging opgestel word vir die LUR se oorweging,” sê sy. “Alle insette sal in aanmerking geneem word.”

Volgens haar besit die departement nie die geboue van die Ruigtevlei Primary School nie. Die geboue sal aan die eienaar, die raad van trustees van die Anglikaanse bisdom van George, oorhandig word.

Die Primêre Skool Redlands se geboue is op grond van die provinsiale regering, sê sy. Indien die onderwysdepartement nie die grond verder benodig nie, sal dit teruggegee word aan die departement van vervoer en openbare werke.

Die naaste skool vir leerlinge is die Primêre Skool Karatara.

By navraag blyk dit dat talle ouers ontevrede is oor die voorgenome sluiting. Hulle is onder meer bekommerd oor die vervoer van kinders skool toe en dat iets soortgelyk aan die Rheenendal-busramp in 2011 kan gebeur omdat paaie in die gebied gevaarlik is. Altesaam 14 kinders en ’n busbestuurder is op 24 Augustus 2011 dood toe die bus waarin hulle gery het in die water by Kasat se Drif beland het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.