Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Skool besluit om Afrikaans te skrap: ondersoek kom
Die brief wat aan ouers van Laerskool Meyerspark gestuur is om hulle in te lig van die besluit om Afrikaans as onderrigtaal by die skool te verwyder.

Amptenare van die Gautengse onderwysdepartement is na Laerskool Meyerspark in Pretoria gestuur om met ’n ondersoek te begin ná ’n onlangse besluit dat dié laerskool van 2017 Afrikaans as onderrigtaal sal afskaf.

Oupa Bodibe, die departement se waarnemende woordvoerder, sê ’n skool moet eers die ouers en die beheerliggaam raadpleeg voordat sulke besluite geneem word.

Daar is sprake dat die skool se naam, leuse, embleem en skoolure ook gaan verander.

“Die departement het altyd gemeenskappe toegelaat om op ’n skool se naam, sy leuse en die embleem vir nuwe skole te besluit. Dit is alles betekenisvolle aktiwiteite wat omvangryke konsultasie met belanghebbendes verg.”

Hy sê gemeenskappe moet met skole in hul omgewing kan identifiseer.

“Daar moet in ag geneem word dat die departement ’n proses vir die benaming en herbenaming van skole, leuses en embleme het.”

Ouers van Afrikaanse leerlinge het onlangs hul woede uitgespreek oor die besluit dat Afrikaans as onderrigtaal geskrap gaan word.

Elsa Combrinck, ’n ouer van ’n gr. 2-leerling, sê die ouers het nie ’n kans gehad om hul mening oor die saak te lug nie.

“Ons was by die vergadering, maar daar was geen formele stemproses nie. Toe van die Afrikaanse ouers iets wou sê, is hulle doodgeskreeu deur die ander mense wat die vergadering bygewoon het.”

Volgens ’n brief aan ouers van die skool sal Afrikaans volgende jaar slegs as addisionele taalvak aangebied word.

“Die leerlinge van gr. 2 tot gr. 6 sal tussen die klasse verdeel word waarvan die onderrigtaal Engels sal wees,” lui die brief.

Onderaan die brief is daar ’n skeurstrokie waar ouers kan aandui of hulle van plan is om volgende jaar hul kinders terug te stuur na die laerskool of nie.

“My grootste bekommernis is wat om volgende jaar met my kind te doen. Dit is amper onmoontlik om dié tyd van die jaar ’n ander skool vir my kind te kry,” sê Combrinck.

Meer oor:  Laerskool Meyerspark  |  Oupa Bodibe  |  Pretoria  |  Education  |  Afrikaans  |  Onderwys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.