Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Dept. sê gou oor eindeksamen, verkiesings wat bots

Die departement van basiese onderwys gaan na verwagting vandeesweek aankondig wat die plan is met die vraestelle vir die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS)-eksamen, oftewel die matriekeindeksamen, wat op 1 November geskryf word.

Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), het onlangs dié datum vir vanjaar se munisipale verkiesings aangekondig.

Volgens die NSS-eksamenrooster, wat in Junie bekend gemaak is, begin die eindeksamen op 1 November. Matrikulante skryf die oggend Engels Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal of Engels Tweede Addisionele Taal.

Vraestelle vir Hindi, Gujarati, Tamil, Telegu, Urdu, Hebreeus en Duits word die middag geskryf.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, het aan Netwerk24 gesê daar sal vandeesweek ’n aankondiging oor die vraestelle gemaak word.

Die departement het Vrydag met rolspelers oor die kwessie vergader.

“Dit sal vinnig opgelos word omdat twee of drie scenario’s oorweeg word,” sê hy.

Die eksamen duur tot 7 Desember.

Meer oor:  Verkiesing  |  Munisipale  |  Kiesers  |  Matriekeksamen  |  Matrieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.