Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Die eksamen is verby: Kom laat ons brei

Wanneer die meisies van Rhenish Girls’ High School op Stellenbosch ná hul eksamen die inkpen neergesit het, tel hulle die breipen op.

Amy Henning (voor) en Annie Hobbs (agter) besig om te brei.

Want pleks van op hul arms lê en wag dat die skoolklok lui, moet hulle werk aan die tweede taak van die dag: Operasie Kombers. Vir 23 jaar al brei Rhenish-leerlinge tussen April en Augustus ’n versameling van (soms snaaks gevormde) vierkantige blokkies wat uiteindelik komberse word vir minderbevoorregtes.

“Almal brei,” sê die skool se woordvoerder, Sharon Hershaw.

Dié brei-idee is die geesteskind van Regina van Zyl, ’n voormalige wetenskaponderwyseres by die skool. Van Zyl het ’n behoefte in die gemeenskap gesien wat sy gemeen het deur die Rhenishers gevul kon word. En omdat een van die skool se kerneienskappe “deernis” is, was dit ’n maklike besluit vir die skool om in te spring en te help.

Maar waar kry mens tyd om gemeenskapswerk te doen tussen al die skoolgaan, buitemuurse bedrywighede en boonop nog eksamen skryf? Maklik. Jy gebruik die tyd wanneer jy klaar eksamen geskryf het en ledig sit en wag tot die toegelate tyd verstreke is om te sit en brei. Hershaw sê sy kan nie een jaar onthou dat die meisies minder as 220 komberse gebrei het nie.

Beth Smart, wiskundeonderwyseres by Rhenish en voormalige hoofmeisie van die skool in 1972, sê dis die deelname aan sulke projekte wat van Rhenish ’n “familie in gedeelde ervaringe” maak. Sy sê benewens die gebreiery ná eksamens, sien jy deesdae Rhenishers brei in die gange, ná skool en selfs tydens pouses. Smart herinner graag die meisies op koue dae hoe geseënd hulle is om die komberse te kan brei, en dit nie te hoef ontvang nie. Dit is ook ’n kompetisie tussen die klasse om te sien wie die meeste blokkies kan brei.

Cleo Appies sê brei raak deel van die Rhenish-kultuur. “Brei het amper weer koel geraak, want almal doen dit.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.