Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Dié leerlinge mag op 6 Julie terug skool toe

Gr. 1- en gr. 2-leerlinge en kinders in die vroeëkinderontwikkelingsfase sal op 6 Julie by skole moet aanmeld.

Dít is luidens die jongste inligting wat die departement van basiese onderwys Maandag in die Staatskoerant afgekondig het.

Leerlinge met spesiale behoeftes sal ook op 6 Julie mag teruggaan skool toe, en naskoolse sentrums mag ook dan heropen mits hulle voldoen aan die streng veiligheids- en gesondheidsmaatreëls om te verhoed dat die koronavirus versprei.

Hoewel Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, Maandag in Rustenburg, Noordwes, aangekondig het dat gr. 7- en gr. 12-leerlinge op 8 Junie mag terugkeer skool toe, is dit nie so vervat in die jongste gewysigde regulasies in die Staatskoerant nie.

Angie Motshekga

1 Junie word steeds aangedui as die datum waarop gr. 7- en gr. 12-leerlinge sou terugkeer skool toe.

Groot verwarring het Sondag ná 20:00 geheers toe Motshekga in ’n mediaverklaring sê leerlinge in gr. 7 en gr. 12 mag nie meer Maandag skool toe gaan nie. Dié aankondiging het gevolg nadat Motshekga ’n mediakonferensie wat om 14:00 sou plaasvind tot 18:00 uitgestel het.

Sy het Maandag om verskoning gevra vir die verwarring wat veroorsaak is.

Etlike skole was gereed om Maandag hul leerlinge ná meer as 60 dae terug te verwelkom. Onderwysers en skoolhoofde het verlede week onverpoos gewerskaf om die nodige beskermende drag en ontsmetmiddels by skole gereed te kry.

Die leerlinge in gr. 3, 6, 10 en 11 sal ook op 6 Julie mag terugkeer skool toe. Leerlinge in gr. 4, 5, 8 en 9 sal eers op 3 Augustus weer agter die skoolbanke mag inskuif.

Meer oor:  Angie Motshekga  |  Skool  |  Leerlinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.