Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Dié skole mag geen kind wegwys, beslis hof in O-Kaap

Geen kind mag by ’n skool in die Oos-Kaap weggewys word omdat sy ouers vlugtelinge of onwettig in die land is en nie oor die nodige dokumente beskik nie.

Dit was in Desember die uitspraak in die hooggeregshof in Makhanda toe 37 leerlinge van die Phakamisa High School in Zwide, Port Elizabeth hulle tot dié hof gewend het nadat hulle verbied is om skool te gaan omdat hulle nie geldige identiteitsdokumente, geboortesertifikate of permitte het nie.

Die kinders is weggewys nadat die departement in 2016 ’n nuwe toelatingsbeleid in werking gestel, wat bepaal dat regeringskole (en skole waar skoolgeld nie gehef word nie) slegs finansiering aan leerlinge met geldige dokumente gee.

Voordat die beleid verander het, is die skole gefinansier op grond van die aantal leerlinge, nie of hulle die nodige dokumente het nie.

Dit het beteken dat die 37 leerlinge nie meer deur die departement gefinansier is nie en dus nie meer kon skoolgaan nie.

Al dié leerlinge kom uit agtergeblewe gemeenskappe. Van hul ouers is Suid-Afrikaanse burgers wat om verskeie redes nie die nodige dokumente by binnelandse sake kon bekom nie, en ander se ouers is buitelanders.

Regter-president Selby Mbenenge het in sy uitspraak die toelatingsbeleid ongrondwetlik verklaar.

Die onderwysdepartement is beveel om alle leerlinge, ongeag van hul dokumente, toelating tot regeringskole in die Oos-Kaap te gee en om hulle te finansier.

Die leerlinge het in hofstukke aangevoer dat hul menswaardigheid en selfbeeld deur die nuwe beleid geraak afgebreek word. Luidens die hofstukke kan hulle nie uit die kloue van armoede kom nie omdat hulle van onderwysgeleenthede ontneem word.

Toe die department die nuwe beleid bekragtig het, is die Centre for Child Law hof toe. Die leerlinge is later tot die hofgeding gevoeg.

Die departement wou om verskeie redes nie die beleid wysig nie. Hy het aangevoer die nodige dokumente is ’n vereiste om te voorkom dat kinders die slagoffers van onwettige kinderarbeid en mensehandel word.

Die department wou ook nie hê dat die kinders van onwettige immigrante gratis onderrig moet geniet waarvoor belastingbetalers betaal nie en was bang dit skep ’n presedent.

Mbenenge het gelas die departement se nuwe beleid ’n skending van die leerlinge se menseregte en hul reg tot onderrig is.

Hy het ook gesê dat die beleid die indruk wek dat kinders wat nie dokumente het nie, minderwaardig teenoor ander leerlinge is.

Skakel na die volledige uitspraak: http://www.saflii.org/za/cases/ZAECGHC/2019/126.pdf

Meer oor:  Vlugtelinge  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.