Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Dié taalbeleid lei tot ‘segregasie, diskriminasie’ aan UP
Verskeie belanghebbendes het Saterdag by die UP ooreengekom om ’n voorstel wat ’n slegs-Engels-taalbeleid ondersteun aan die universiteitsbestuur voor te lê. Foto: Argief

’n Parallelmedium-taalbeleid met Afrikaans en Engels as onderrig- en kommunikasietaal “lei tot rassesegregasie en indirekte diskriminasie”.

Dit is die mening van die werkgroep wat die taalbeleid aan die Universiteit van Pretoria (UP) ondersoek.

Drie werkgroepe wat transformasie aan die UP ondersoek, het op 5 Maart begin om voorstelle oor transformasie, waaronder die taalbeleid, te bespreek.

Verskeie belanghebbendes het Saterdag ooreengekom om ’n voorstel wat ’n slegs-Engels-taalbeleid ondersteun, aan die universiteitsbestuur voor te lê.

Die belanghebbendes sluit lede van die universiteitsrade, fakulteitsrade en verteenwoordigers van

studenteorganisasies en akademici in.

“Weens die snel en toenemende diversifisering van personeel en studente by die UP, is die parallelmedium-taalbeleid nie meer ekonomies verdedigbaar en prakties uitvoerbaar nie,” lui die taalbeleidsvoorstel.

Luidens die voorstel beteken die slegs-Engels-taalbeleid nie taaldiversiteit en -pluraliteit word geminag nie.

“Die maatskaplike, politiese en ekonomiese werklikheid by die UP regverdig ’n skuif na Engels as die enigste onderrigtaal behalwe in kursusse waar die doel van die studie ’n ander taal is.”

Die taalbeleidsvoorstel het onder meer ten doel om:

* Opvoeding van hoogstaande gehalte te verskaf om die sukses van die studente ná hul studie te verseker en om die universiteit se internasionale aansien te verbeter;

* Inklusiwiteit en maatskaplike kohesie te bevorder waar alle personeellede en studente selfvertroue kan hê en gemaklik kan voel;

* ’n Transformerende rol te speel om die historiese ongeregtigheid te pak en gevolglik gelykheid en regverdigheid te bevorder;

* Die leeromgewing te fasiliteer deur gelyke toegang tot kennis en hulpbronne te verskaf;

* Die intrinsieke waardes van die diverse taalagtergrond wat studente en personeel na die universiteit bring, te erken; en

* Veeltaligheid te bevorder.

Ter ondersteuning van die bogenoemde beginsels, gaan die universiteit:

* Engels as onderrigtaal (lesings en assesserings) gebruik;

* Behoeftes identifiseer en die nodige finansiële en ander hulpbronne beskikbaar stel om onderrig in Engels te fasiliteer;

* Plek en hulpbronne aan studente verskaf om hulle met sleutelkonsepte in hul modules in hul eie taal by te staan;

* Engels as die taal van amptelike kommunikasie en administrasie op alle kampusse en koshuise gebruik.

* Dienste in ander Suid-Afrikaanse tale beskikbaar stel, waar die nodig en haalbaar is;

* Voldoende hulpbronne verskaf wat Pedi na ’n hoër vlak in die akademie sal ontwikkel en die onderhoud van Afrikaans sal ondersteun;

* Afrikaans, Engels en Pedi vir seremonies soos gradeplegtighede gebruik; en

* Nagraadse studente se navorsingsprodukte in enige Suid-Afrikaanse taal aanvaar waar dit moontlik is.

Volgens Anna-Retha Bouwer, UP-woordvoerder, is daar Saterdag tydens die taalberaad gesê die taalbeleidsvoorstel moet nog verfyn word.

Meer oor:  Up  |  Taalbeleid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.