Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Dis nuus vir DA dat Plet ’n universiteit kry

Aangekondigde planne vir ’n universiteit op Plettenbergbaai het die DA nie net onkant gevang nie, maar hulle het ook ernstige vrae oor die proses wat gevolg is.

Peter Lobese, Bitou se burgemeester, het onlangs in ’n verklaring gesê dr. Anele Hammond van die Engadin Stiftung, ’n openbare weldaadsorganisasie wat armoede deur onderrig verlig, het op 31 Julie op ’n raadsvergadering ’n voorlegging oor die oprigting van ’n universiteit op die dorp gemaak.

Luidens die verklaring wil die Engadin Stiftung ’n universiteit, die Engadin-Instituut van Lugvaartkunde, Landbou en Innoverende Maatskaplike Entrepreneurskap tot stand bring. Hammond en haar span het reeds befondsing gekry en probeer tans ’n lisensie deur die departement van hoër onderwys bekom.

Volgens Hammond word grond benodig wat deur die munisipaliteit beskikbaar gemaak en gesoneer word vir die universiteit en sy fakulteite, asook die Bitou-stadsraad se ondersteuning vir die proses om goedkeuring van die minister van hoër onderwys vir die oprigting van die universiteit te kry.

Luidens die verklaring het die Bitou-munisipaliteit eenparig besluit om die beoogde universiteit te ondersteun.

Die DA in Bitou het vandeesweek in ’n verklaring gesê hy was verras toe Lobese ’n addendum in die raad voorgelê het wat nie op die agenda was nie. Die addendum het ’n voorlegging van Hammond ingesluit.

DA-lede was geskok om te hoor dat die Engadin Stiftung reeds besluit het om miljarde rande te belê in die oprigting van ’n universiteit op Plettenbergbaai, en dat die proses so gou as 1 September sou begin.

Die besluit is geneem sonder dat die raad ’n sakeplan gesien het of enige getuienis dat daar by die regering vir so ’n plan aansoek gedoen is.

Die haas van die voorlegging, tesame met die gebrek aan getuienis, laat gevaarligte flikker en die DA sê ’n behoorlike forensiese ondersoek is nodig.

Die DA sê Lobese se persverklaring, dat die raad besluit het om die projek te ondersteun, is vals. Daar was geen raadsbesluit nie en niemand het daaroor gestem nie. Daar was slegs ’n voorlegging aan die raad met ’n vraag-en-antwoord-sessie.

Die DA in Bitou kan nie oorweeg om die projek te ondersteun voordat die nodige prosesse gevolg is nie, lui die verklaring.

Die Bitou-munisipaliteit het nie onmiddellik op navrae gereageer nie.

Meer oor:  Peter Lobese  |  Universiteit  |  Da  |  Plettenbergbaai
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.