Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Dít klink mos na ’n plan vir Afrikaans’

’n 37-jarige geoktrooieerde rekenmeester sal aan die hoof staan van ’n nuwe netwerk Afrikaanse private skole waaraan bouwerk binne twee jaar kan begin. Roedolf van der Westhuizen het Maandag begin as uitvoerende hoof van die MOS-inisiatief (“Moedertaal in Onafhanklike Skole”), die naam vir die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO) se beplande onafhanklike skole.

Hy het vroeër in Bermuda vir Deloitte gewerk.

Onafhanklike skole is een been van die TAO se plan om die toekoms van Afrikaanse onderrig van kleuterskoolvlak tot op universiteit te verseker.

'n Tweede been van die TAO se poging om te verseker dat onderwys in Afrikaans vir almal toeganklik bly, is die ondersteuning van bestaande enkelmedium Afrikaanse openbare skole, waarvan net 1 250 oor is, sê dr. Theuns Eloff, voorsitter van die MOS. Sover het sowat 100 openbare skole reeds by dié projek, bekend as die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON), aangesluit.

Vir private skole onder die vaandel van MOS is ’n “stewige bedrag” saadgeld van die TAO ontvang, sê Eloff.

“Ons wil dit gebruik om ander beleggers te lok en uiteindelik vir hulle ’n goeie opbrengs op kapitaal te gee, maar ook ’n Afrikaanse ‘onderwysdividend’ – die wete dat hulle terugploeg in die Afrikaanse onderwys.

“Ons kyk na plekke waar daar nie meer genoeg Afrikaanse kinders is om skole vol te maak nie, veral die platteland. Ons wil gelyk in die noorde en suide begin sodat ons dadelik kan sê dié skole is oop vir almal.” MOS wil ook in bestaande Afrikaanse private skole belê en dalk kleuterskole koop.

Meer oor:  Moedertaalonderrig
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.