Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Donsieland: Onmin by kleuterskool ontstig kinders
Die Donsieland-kleuterskool in Bayswater in Bloemfontein. Foto: Annemarie Barnard

’n Paar kinders van ’n kleuterskool in Bloemfontein moet berading ontvang nadat hulle die onmin wat tussen ouers en die personeel op ’n komiteevergadering uitgebreek het, moes aanskou.

Donsieland Kleuterskool in Bayswater het nou net 12 kleuters oor nadat daar voorheen 30 was.

Menanté du Plessis, wat tot onlangs as skoolhoof gedien het omdat Louise, haar ma en ook die eienaar vir die afgelope 45 jaar van die skool, ’n rugoperasie ondergaan het, sê sy is getraumatiseerd ná die voortslepende konflik met van die ouers.

“Die groot probleem is, die ouers op die komitee wou volle reg oor die skool se geldsake bekom.”

Niel Barnard, ’n familielid van ’n ouerpaar wie se kind in die skool is, sê Du Plessis het Maandag om 22:30 al die ouers ingelig dat die skool Dinsdag moontlik nie gaan oopmaak nie nadat twee ouers uit die ouerkomitee bedank het en summier hul kinders uit die skool gehaal het.

Du Plessis sê die gevolg is dat van die kinders in die skool vandeesweek berading moet ontvang nadat ’n pa haar boonop verlede Maandag wou aanrand. Sy het daarna ’n beëdigde verklaring by die polisie afgelê.

Ander ouers het toe weens dié onsekerheid glo ook hul kinders vir eers uit die skool gehaal.

Die kommer is nou dat skoolgeld reeds betaal is en die ouers, waarvan baie geldelik sukkel, nie so maklik van skool kan verander nie.

’n Emosionele Du Plessis het Dinsdagoggend gesê sy “red nou wat te redde is” by die kleuterskool.

Toe sy in 2018 by haar ma oorgeneem het, het die moeilikheid begin.

Chris Grobbelaar, nou waarnemende hoof, sê hoewel daar ’n rukkie gelede kinders uit die skool gehaal is, kan hy nie bevestig of daar nóg kleuters permanent uit die skool, wat ’n gr. R-klas en ’n klas vir twee- tot vierjariges insluit, gehaal is nie.

“Maar die skool is oop en gaan voort soos normaal.”

Morné Shardelow, ’n direkteur by Donsieland, sê daar is vermoedelik geldelike ongerymdhede by een van die ander direkteure en dit word ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.