Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Driekie Hay as rektor van BA Isago ingehuldig

Prof. Driekie Hay, voormalige viserektor: akademies aan die Universiteit van die Vrystaat, is Vrydag as rektor van die BA Isago-universiteit in Botswana ingehuldig.

Hay, wat op omstrede wyse deur prof. Jonathan Jansen, voormalige UV-rektor, uit die universiteit gestoot is, is as die tweede rektor van BA Isago ingehuldig. Sy is die eerste vrou in dié pos.

Voordat sy die pos as rektor aanvaar het, was sy dekaan: navorsing aan die Universiteit van KwaZulu-Natal.

Prof. Driekie HayFoto: Verskaf

Hay sê dit is vir haar ’n groot eer en voorreg om as rektor en boonop die eerste vroulike rektor aangestel te word.

In haar termyn wil sy veral onderrig en leer vernuwe om aan te pas by die behoeftes van studente in die 21 ste eeu.

“Ons kurrikulum gaan probleemgerig aangebied word terwyl elke student werkgebaseerde ervaring sal opdoen. “Vaardighede soos digitale geletterdheid, sosiale en emosionele intelligensie, kritiese denke, probleemoplossingsvaardighede en professionele etiek sal spesifieke aandag geniet.

“Ons wil studente oplei wat in die werkplek sal uitstaan.

Afrika en die wêreld het ’n nuwe geslag nodig vir wie dit nie net oor materiële dinge, posisie, groot kantore en luukse motors gaan nie.

“Die wêreld het weer ’n geslag onselfsugtige jongmense nodig wat onverpoos sal werk om ’n beter wêreld te skep.”

Vir my is dit ’n geleentheid om my jare se ervaring, kennis en passie toe te pas in ’n stabiele land. Buitendien glo ek niks gebeur sommer verniet nie – dit was bedoel om so te wees.

Sy het ’n beroep op hulle gedoen om te help om armoede te bekamp sodat die kloof tussen die armstes en die rykstes in die wêreld vernou kan word.

“Kovsies was ’n slegte ervaring, maar dit lê nou ver agter my. Dit het my karakter gevorm en my so baie van mense en hul gedrag geleer dat ek as ’n beter mens uitgekom het. Ek het nie gaan lê nie, maar voortgegaan met my loopbaan.

“My hele lewe is gewy aan hoër onderwys – dit was nog altyd my passie, my liefde, belangstelling en waar ek nog altyd gevoel het ek waarde toevoeg en ’n verskil maak.”

Volgens haar is die hoër onderwys eintlik oral dieselfde – programme word ontwikkel om ’n bepaalde behoefte in die werksplek aan te pak. Wat wel verskil, is die etos, die waardes en die institusionele karakter van ’n universiteit – dit lê uiteraard in die leierskap van ’n universiteit.

“Botswana is ’n pragtige land waar die mense nog waardegedrewe is. Vir my is dit ’n geleentheid om my jare se ervaring, kennis en passie toe te pas in ’n stabiele land. Buitendien glo ek niks gebeur sommer verniet nie – dit was bedoel om so te wees.”

Meer oor:  Botswana  |  Rektor  |  Inhuldiging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.