Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Eerste drie matrieks skryf hulle in

Die eerste drie inskrywings vir die 40ste Matrikulant van die Jaar-kompetisie van die Universiteit van die Vrystaat (UV), Netwerk24 en Volksblad is almal lede van die skoner geslag.

Karabo Motloung van die Gekombineerde Skool Noorderlig in Benoni wil regte of onderwys studeer. Sy is die sekretaresse van haar skool se verteenwoordigende raad van leerders (VRL) en is uitvoerende speaker van Ekurhuleni se junior stadsraad. Sy blink ook uit as redenaar.
Leané van Wijk van die Hoërskool Menlopark in Pretoria wil medies of gedragsgenetika studeer. Sy het aan swem, atletiek en hokkie deelgeneem en is in die skool se VRL en sosiale komitee. Leané het ook haar staal getoon in wiskun­de- en Afrikaans Huistaal-olim­piades.

Met beurse vir al 25 semifinaliste op die spel, is dit beslis die moeite werd vir gr. 12-leerlinge van oor die land heen, wat beoog om volgende jaar aan die UV te studeer, om hulle vir dié kompetisie in te skryf.

Die wenner en 13 finaliste ontvang prysgeld van die borge Kovsie Alumni-trust, Mazars, Absa en Pick n Pay Preller Walk, beurse van UV Studentewerwingsdienste, en die eindronde-geleentheid in Bloemfontein asook geskenke ter waarde van R10 000.

Die ander 11 semifinaliste ontvang prysgeld van Kovsie Alumni-trust en beurse van UV Studentewerwing.

Matrikulante wat akademies presteer, en ook by sport, leierskap en kultuur by hul skole betrokke is, kan hulle inskryf.

Leerlinge se gemeenskapsdiens en -betrokkenheid word ook tydens die beoordeling in ag geneem.

Matrikulante kan hulself inskryf of hul skool kan hulle inskryf. Die skoolhoof se handtekening en die skool se stempel moet egter op die vorm aangebring word.

Carlize de Bruyn, hoofmeisie van die Hoërskool Reitz, wil fisioterapie of biokinetika studeer. Sy het aan die fisiese wetenskap- en Afrikaans Huistaal-olimpiades deelgeneem en was ook voorsitter van die ATKV-jeugtak. Carlize het op streekvlak aan die ATKV-debats­kompetisie deelgeneem. Sy was ’n kriekettellinghouer, het op provinsiale vlak aan atletiek deelgeneem en het ook noodhulpkursusse (vlak 1 en 2) geslaag.

Alle inskrywings word volgens vaste kriteria beoordeel en 25 semifinaliste word aangewys. Altesaam 14 finaliste, wat uit die 25 gekies word, neem aan die Matrikulant van die Jaar-eindronde van 5 tot 7 Oktober in Bloemfontein deel.

Tydens die eindronde word onderhoude met die finaliste gevoer en neem hulle aan spansessies deel, waarna die wenner aangewys word.

Twee spesiale pryse van R5 000 elk word geborg deur die Kovsie Alumni-trust en sal toegeken word vir uitstaande prestasie op die gebied van leierskap, akademie, sport of kultuur.

Die beurse en prysgeld word betaal sodra die student hom of haar aan die UV geregistreer het. Inskrywings moet die UV voor of op Vrydag 6 Augustus bereik.

Vir inskrywingsvorms of meer inligting, stuur e-pos aan Linda Greyling by greylinl@ufs.ac.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.