Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Engels was 'lekker' maklik, sê matrieks
André Smit van die Hoërskool Hopefield, wat Engels as huistaal geneem het.
Juanita Burgers van die Hoëkool Zwartkop in Gauteng.
Nathania Truter van die Hoërskool Langenhoven op Oudtshoorn. Foto: Verskaf.
Tamari Theron van die Hoërskool Vredendal.
Tiana Coetzee van die Hoërskool Strand.

Die matrieks se laaste Engelsvraestel van 2016 was vir almal maklik – vir dié wat die taal as huistaal geneem het en vir dié wat dit as eerste addisionele taal gehad het.

Jenny Immelman, Engels-huistaalonderwyser aan die Hoërskool Linden in Johannesburg, meen egter die vraestel was darem nie te maklik nie.

“Maklik is relatief as dit by kreatiewe skryfwerk kom. Dit was ’n lekker vraestel en die onderwerpe was baie lekker. Daar was baie visuele stimuli in die vraestel en die dialoog en toespraak sou vir die kinders maklik wees.”

André Smit, ’n huistaal-leerling van die Hoërskool Hopefield in die Wes-Kaap, was verbaas dat hy genoeg tyd gehad het. “Gewoonlik is tyd ’n probleem maar hierdie keer was daar oorgenoeg tyd – al het ek stadig gewerk en aandagtig deur my vraestel gegaan.”

Hy het die prente baie geniet.

Juanita Burgers van die Hoëkool Zwartkop in Gauteng het baie lekker geskryf. “Die onderwerpe was maklik om oor te skryf en daar was meer as genoeg tyd.”

“Ek het gehou van die onderwerpe en al die afdelings het maklike en moeilike goed bevat,” sê Nathania Truter van die Hoërskool Langenhoven op Oudtshoorn.

“As jy oopkop was, sou jy lag-lag 80% gekry het. Ek kon lekker kreatief dink.”

Van Wyk Saayman van die Hoërskool Piketberg het gedink die vraestel was eenvoudig. “Hulle het nie moeilike opstelle gevra nie. Ons almal het baie tyd gehad en vroeg klaargemaak.”

“Dit was ’n baie lekker vraestel, ’n mens kon diep dink of net gewone stories en opstelle skryf,” sê Tiana Coetzee van die Hoërskool Strand, wat Engels-huistaal het. “Daar was baie gevalle waar hulle jou mening gevra het en jy kon redeneer. Dit was vir my lekker.”

Tamari Theron van die Hoërskool Vredendal in die Wes-Kaap sê die vraestel was vir haar “bitter baie lekker”.

“Ek kon so maklik iets uitdink, dit het net gepas by dit waaroor ek wou skryf. Dit was baie lekker om die brief en dagboekinskrywing te skryf. As jy die formate geken het, sou jy deur die vraestel vlieg.”

Meer oor:  Eksamen  |  Matriek  |  Engels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.