Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Engelse letterkunde ‘niks om oor te huil’
Shakespeare se “Sonnet 18” het in die poësie-afdeling verskyn.
Danielle Brand Foto: Marita Herselman
Arno EngelbrechtFoto: Marita Herselman
Ronsley LentonFoto: Marita Herselman
Lu-Zandré BlaauwFoto: Marita Herselman

Leerlinge wat Donderdag goed voorbereid agter die Engelse (eerste addisionele taal) letterkunde-vraestel ingeskuif het, sou beslis nie in sweet uitgeslaan het nie.

Matrieks oor die land heen moes vrae oor twee, van vier, genres beantwoord. Die keuse was tussen ’n roman, drama, kortverhale en poësie.

“Daar was geen vraag wat ek meen ’n kind in trane sou laat nie,” sê Marinda van der Watt wat Engels by die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein aanbied.

Sy verwys na die roman- en kortverhaalafdeling wat haar leerlinge beantwoord het.

Van der Watt se leerlinge het vrae oor die voorgeskrewe boek Strange Case of Dr Jekyll and Mr Hyde en uittreksels uit die kortverhale “The new tribe” en “The fur coat” beantwoord.

Sy sê leerlinge wat geleer het, sou nie uitgevang gewees het nie, hoewel daar moeiliker vrae by die roman was.

Adéle Dempers van die Hoër Meisieskool Oranje se leerlinge het ook dié roman en poësie behandel.

Sy sê leerlinge wat hard geleer het, sal presteer en leerlinge wat genoeg geleer het, sal maklik slaag.

Dempers sê daar was “niks vreemds” aan die vrae oor die roman nie. Leerlinge sou by Maya Angelou se gedig “Still I Rise” kon sukkel om die tema perseverance te bespreek, omdat almal nie dié woord ken nie, sê sy.

Shakespeare se “Sonnet 18” was die ander gedig.

Marlene de Vries, Engels-onderwyser aan die Hoërskool Fichardtpark, sê die kortverhaalafdeling was baie billik. Sy meen egter hoewel daar genoeg redelike vrae by die drama-afdeling oor Shakespeare se Macbeth was, kon “swakker leerlinge” gesukkel het.

“Hulle sukkel maar altyd met vrae waar hulle hul eie mening moet gee en waar dit oor temas gaan,” sê De Vries.

Leerlinge aan die Hoërskool Sand du Plessis verwag hulle gaan goed in dié vraestel vaar. Hulle het die roman- en poësie-afdeling beantwoord.

Vir Danielle Brand was die vraestel maklik en die vrae goed gestel. Danielle het die tweede uittreksel oor die Strange Case of Dr Jekyll and Mr Hyde verwag, “omdat baie vrae daaruit gevra kan word”.

“Dit is die ding van gedigte, hulle kan enigiets uitpik en vir jou vra,” sê sy op die vraag of die gedigte getoets is soos sy haar daarvoor voorberei het.

Arno Engelbrecht sê die vraestel was “interessant” en het vinniger verloop as wat hy verwag het.

Hy sê vrae waar mening en ironie ter sprake kom in dié afdelings het ’n “bietjie dinkwerk” geverg.

Ronsley Lenton sê die vraestel was “so-so”.

“Die roman-vrae was nie te maklik of te moeilik nie, hulle was net orraait,” sê Ronseley.

Vir Lu-Zandré Blaauw was poësie die makliker deel.

Sy sê sy het die roman baie interessant gevind en dit goed geken. Sy kon dus die vrae beantwoord.

Meer oor:  Matrieks  |  Vraestel  |  Engelse Letterkunde  |  Engels
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.