Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Finaliste aangekondig in matrikulant-kompetisie
Elizabeth de Vries, St Dominic’s College, Welkom, dogter van dr. Matthys en Mandy de Vries van Welkom.
Channáh du Plessis, Hoërskool Cradock, dogter van David en Elanie du Plessis van Cradock.
Micarla du Plessis, Hoërskool Sentraal, Bloemfontein, dogter van Pieter en Izette du Plessis van Bloemfontein.
Leonora Grobbelaar, Hoërskool Ficksburg, dogter van Johan en Adriëtte Grobbelaar van Ficksburg.
Mia Erasmus, Hoërskool Nelspruit, dogter van Carel en Wilna Erasmus van Nelspruit.

Die groot wag is verby vir die matrikulante van oor die land heen wat hulle vir vanjaar se Matrikulant van die Jaar-kompetisie, aangebied deur Volksblad en die Universiteit van die Vrystaat (UV), ingeskryf het.

Die 96 inskrywings wat ontvang is, is elkeen in detail beoordeel en is deur KPMG, die ouditeure van die kompetisie, aangewys.

Die kriteria wat gebruik is om die 25 finaliste te bepaal, is onder meer uitsonderlike prestasies in akademie, leierskap, sport en kultuur. Elkeen van die finaliste dien in leiersposisies en maak reeds ’n verskil in hul onmiddellike omgewing. Die finaliste moet ook van volgende jaar af by die UV wil studeer, en moes keuring vir hul kursusse gekry het.

Volgens inligting wat deur KPMG verskaf is, wil 59 matrikulante van die 96 medies studeer. Die tweede gewildste studierigting is BSc, gevolg deur BCom en onderwys.

Inskrywings is uit elke provinsie van die land ontvang, met die meeste uit die Vrystaat. Die Hoërskool Ficksburg het die meeste inskrywings opgelewer.

Die skoner geslag is in die meerderheid, met 61 meisies wat hulle ingeskryf het, teenoor 35 seuns.

Ingar Gxolo, Hoërskool Hudson Park, Oos-Londen, seun van Lunga en Nomonde Gxolo van Oos-Londen.
Emma Kleynhans, Hoërskool Voortrekker, Bethlehem, dogter van dr. Ebert en dr. Annatjie Kleynhans van Bethlehem.
Johané Odendaal, Goudveld-Hoërskool, Welkom, dogter van Piet en Santjie Odendaal van Odendaalsrus.
Damian Pypers, Edenburg Gekombineerde Skool, seun van Meleny Williams.
Bianka Reyneke, Welkom-Gimnasium, dogter van Arrie en Letitia Reyneke van Welkom.

Die 14 top-finaliste word tydens die naweek van 29 September tot 1 Oktober aan finale strawwe keuring onderwerp om die wenner te bepaal. Hulle en hul ouers of voogde gaan by die Southern Sun Hotel Mimosa Mall tuis.

Die wenner se pryse is ’n oorsese reis vir twee geskenk deur XL Astra Travel, prysgeld van R10 000 van die borge Kovsie Alumni-trust, KPMG, Absa en Pick n Pay Hypermarket, ’n R12 000-studiebeurs van die UV en ander geskenke en die naweek met ’n waarde van R6 000.

Die 13 ander topfinaliste se pryse is R10 000 elk van die borge Kovsie Alumni-trust, KPMG, Absa en Pick n Pay Hypermarket en ’n studiebeurs van R7 500 van die UV, en geskenke en die naweek ter waarde van R6 000.

Twee spesiale pryse geborg deur die Kovsie Alumni-trust is R5 000 vir die beste presteerder in sport en R5 000 vir die beste presteerder in kultuur. Die wenner van die vonkelpersoonlikheid ontvang ’n reisbewys van XL Astra Travel.

Elk van die 11 semifinaliste ontvang R3 000-prysgeld van die Kovsie Alumni-trust en ’n R3 500-studiebeurs van die UV.

Alle prysgeld en beurse word in 2018 regstreeks in die student se Absa-rekening inbetaal sodra die student hom of haar aan die UV geregistreer het.

Bongani Sithole, Hoërskool Sasolburg, seun van Phillip Carlos en Joyce Sithole van Sasolburg.
Thimna Sotyato, Hoërskool Stirling, Oos-Londen, dogter van Nandipha Sotyato van Mthatha.
Mineé van den Berg, Hoër Meisieskool Oranje, Bloemfontein, dogter van prof. Jan-Albert en dr. Jeannine van den Berg van Bloemfontein.
Carlia Venter, Eunice High School, Bloemfontein, dogter van Nicolaas en Tania Venter van Bultfontein.
Nico Delport, Hoërskool Port Natal, Congella, Durban, seun van Willie en Belinda Delport van Durban.
Mila Mari Dirks, Helpmekaar Kollege, Braamfontein, dogter van Chris en Melani Dirks van Johannesburg.
Chezney Drabile, Pretoria Boys High School, seun van dr. Tolu en Ester Drabile van Pretoria.
Christie-Lee Drinkwater, Hoërskool Fichardtpark, Bloemfontein, dogter van Willem en Magdaleen Drinkwater van Bloemfontein.
Christelle Ernst, Hoërskool Driehoek, Vanderbiljpark, dogter van Paul en Paula Ernst van Vanderbiljpark.
Caroline Janse van Rensburg, Hoërskool Framesby, Port Elizabeth, dogter van Christo en Carol Janse van Rensburg van Port Elizabeth.
Muhammed Khan, Kismet Gekombineerde Skool, Vryburg, seun van dr. Rafique en Nafisa Khan van Vryburg.
Carike Moolman, Hoër Meisieskool Oranje, Bloemfontein, dogter van Chris en Chrismarie Moolman van Bloemfontein.
Jared Robinson, Maritzburg College, Pietermaritzburg, seun van Eric en Jacky Robinson van Pietermaritzburg.
Suna Swanepoel, Hoërskool Stella, dogter van Tienie en Ria Swanepoel van Stella.
Emile Vorster, Hoërskool Eldoraigne, Pretoria, seun van Gerhard en Elize Vorster van Centurion.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.