Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Gautengse matrieks met virus skryf nou by Nasrec

Gautengse matrikulante wat die koronavirus opgedoen het, sal van Maandag af hul eindeksamen in kwarantyn by die Nasrec-uitstalsentrum in Johannesburg aflê, waar hulle ook vir dié tyd gehuisves sal word.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse onderwysdepartement, sê in ’n verklaring die besluit is geneem om die verspreiding van die virus te voorkom.

“Die matriekleerlinge sal by Nasrec gehuisves word terwyl hulle ook daar sal kan studeer en eksamen skryf onder die nodige toesig van amptenare van die gesondheids- en onderwysdepartement,” sê Mabona in die verklaring.

Die onderwysdepartement het vroeër vandeesmaand aangekondig dat matriekleerlinge met die virus ook vanjaar se matriekeksamen kan aflê, onderhewig aan streng maatreëls van die nasionale gesondheidsdepartement, en in ander eksamenlokale as die leerlinge wat nie die virus het nie.

Volgens Mabona sal leerlinge met matige simptome vir ’n minimum van tien dae in kwarantyn by Nasrec wees, terwyl leerlinge met ernstiger simptome langer kan bly.

Hy sê die leerlinge met Covid-19 sal deur gespesialiseerde nooddienste van hul huise na Nasrec geneem word.

“Die leerlinge sal met akademiese geriewe, gesondheidsorg, spyseniering en alle ander relevante benodigdhede voorsien word,” sê Mabona.

Hy sê die leerlinge met Covid-19 sal deur gespesialiseerde nooddienste van hul huise na Nasrec geneem word.

“Leerlinge sal van Sondag 15 November begin met hul kwarantyntydperk by Nasrec.”

Sewe leerlinge in Gauteng is verlede week positief getoets vir die virus, terwyl nege wat ook die virus opgedoen het, al met hul eksamen begin het.

Die matriekeksamen is reeds twee weke volstoom aan die gang en duur tot 15 Desember.

Netwerk24 het vroeër berig dat Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, die nasionale gesondheidsdepartement bedank het vir hul bereidwilligheid om matriekleerlinge met die koronavirus tegemoet te kom.

“Ons is bly dat die gesondheidsdepartement bereid is om saam met ons te werk sodat hierdie leerlinge ook hul

eksamen kan aflê, andersins sou hulle moes wag tot Junie volgende jaar,” het Motshekga met ’n besoek aan die Sekano-Ntoane High School in Soweto gesê.

Meer oor:  Virus  |  Matrieks  |  Matriekeindeksamen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.