Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Gautengse skole sal Maandag gereed wees, sê Lesufi

Hoewel Gauteng vandeesweek ’n paar struikelblokke ervaar het met beskermende toerusting wat nie by skole in Tshwane afgelewer is nie, is Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys, steeds vol vertroue dat skole Maandag gereed sal wees om leerlinge te verwelkom.

“Ons is amper daar. Donderdag en Vrydag sal ons die prentjie voltooi. Ons wil ouers verseker dat ons nie hul kinders se lewe in gevaar sal stel nie. Ons het baie moeite gedoen.”

Hy sê ook die Gautengse onderwysdepartement raadpleeg die provinsiale bevelsentrum oor die opedag wat die departement aan ouers belowe het voor gr. 7- en gr. 12-leerlinge Maandag terugkeer.

Tydens die opedag, wat vir 31 Mei beplan is, sal ouers die veiligheidsmaatreëls kan sien.

Lesufi sê hy wil nie hê skole se beskermende toerusting moet opraak wanneer ouers skole in groot getalle besoek nie. Hy het reeds vroeër aan Netwerk24 gesê daar word oorweeg om die opedag aanlyn aan te bied weens vrese vir besmetting as soveel ouers skole besoek.

“Die bevelsentrum sal ons lei. As hulle sê dis reg, sal ons daarmee voortgaan. Skole moet egter ook kreatief wees,” het Lesufi Woensdag gesê ten tyde van ’n besoek aan Mabuya Secondary School in Daveyton, Ekurhuleni.

Die bevelsentrum sal ons lei. As hulle sê dis reg, sal ons daarmee voortgaan. Skole moet egter ook kreatief wees.

Lesufi het die skool besoek om sy gereedheid vas te stel.

“Ek gee die skool tien uit tien.”

Almal se temperatuur word by die ingang gemeet en van daar af word ’n register ingevul. Die skool het ook protokolaankondigings op die terrein aangebring wat personeel en leerlinge aan die veiligheidsmaatreëls herinner. Daar is ook isolasie-klaskamers waarheen ’n personeellid of leerling dadelik gebring sal word as simptome waargeneem word.

Lesufi sê die skoolbestuur is terug by skole in die provinsie en teen Vrydag sal onderwysers ook op hul pos wees.“Beskermende toerusting eers, dan onderwysers.”

Hy besoek Donderdag private skole om hul gereedheid vas te stel en Vrydag ontmoet hy die 7 000 jeugdiges wat aangestel is om in Gauteng se “jeugbrigade” te werk wat gaan help om seker te maak daar word by skole aan koronavirusregulasies voldoen.

Meer oor:  Koronavirus  |  Panyaza Lesufi  |  Inperking  |  Covid-19  |  Skole
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.