Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Gebruik seep, sê Lesufi nadat skelms handreiniger steel

Skole in Gauteng sal in die toekoms seep eerder as handreiniger moet gebruik omdat misdadigers die handreiniger steel.

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, sê sy departement is bekommerd oor inbrake by skole en die diefstal van persoonlike beskermende toerusting (PPE), wat handreiniger insluit.

Lesufi het Dinsdag die Primêre Skool Ga-Rankuwa besoek om te bepaal hoe gereed die skool is nadat daar voorheen vertragings was met die aflewering van die toerusting. Dit is egter Maandag gelewer.

Vrydag en Sondag is by die Primêre Skool Sikhulisile in Ekangala, Tshwane, ingebreek waar PPE’s vir onderwysers en leerlinge gesteel is.

“Daarom oortuig ek die departement van gesondheid dat ons miskien moet konsentreer op die gebruik van seep in ons skole, omdat die PPE’s, met ’n element van alkohol, die verkeerde mense begin lok,” sê Lesufi.

“Met die land wat Maandag na vlak 3 beweeg, wanneer alkohol moontlik weer verkoop gaan word, glo ons regtig die inbrake sal verminder,” sê hy.

Hy sê die departement het die polisie gevra om voorkeur te gee aan die inhegtenisneming van die skuldiges by Sikhulisile.

Volgens hom is tot dusver sowat 42 mense weens vandalisme en inbrake in die provinsie in hegtenis geneem.

Hy sê tydens die staat van inperking is by 335 skole in die provinsie ingebreek.

“Sodra skole heropen, sal die departement veiligheidswagte ontplooi om dit teen vandalisme en diefstal te beskerm.”

Die departement het ook saam met die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid gewerk om die polisiebeamptes wat by skole patrolleer, by te staan.

Meer oor:  Koronavirus  |  Handreiniger  |  Panyaza Lesufi
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.