Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Gedig ‘uitdagend’, sê kenners ná Engels-vraestel

’n Billike vraestel met min strikke waarin matrieks kon trap. So voel kenners oor die tweede vraestel van Engels eerste addisionele taal wat Woensdag geskryf is.

Leerlinge moes twee uit die vier afdelings: poësie, kortverhale, romans of drama, voltooi.

Bontle Mokoena, Ané van Wyk, Jenna Busscher en Cameron Uys van die Hoërskool Marais Viljoen in Alberton gesels oor Woensdag se tweede vraestel in Engels Huistaal. Foto: Arisa Janse van Rensburg

Annemarie Potgieter, ’n onderwyseres by die Hoërskool Marais Viljoen in Alberton, dink die vraestel was baie regverdig.

“Ek glo my leerlinge het genoeg kennis en insig gehad om dit maklik te voltooi,” sê sy.

Volgens haar kon die gedig “To Learn How to Speak” vir die leerlinge uitdagend gewees het.

“Dit is ’n ingewikkelde gedig, maar die vrae was nie ondoenbaar nie.”

Dr. Mandie Uys, kenner in Engels-onderrig aan die Noordwes-Universiteit, sê ook dit is ’n moeilike gedig.

“ ’n Mens verwag amper nie dié gedig in ’n vraestel vir eerste addisionele taal nie. ‘A nasty surprise,’ het die een onderwyseres vir my gesê.”

Uys sê sommige onderwysers in Potchefstroom voel die gedig was nie ’n billike keuse vir die gemiddelde tweedetaalspreker nie.

Sy sê wel leerlinge en onderwysers kan tevrede wees dat kennis van letterkundige beginsels, leesbegrip en interpretasie op ’n uitdagende, dog regverdige wyse, getoets is.

“Daar was in die verlede al tye waar leerlinge vrae kon beantwoord sonder om die werke te lees.”

Uys dink die vraestel het goeie insig en kennis geverg.

’n Onderwyseres van ’n skool in Pretoria sê die vraestel was op dieselfde peil as die rekordeksamen.

“Die meeste leerlinge met ’n basiese idee van die kortverhale sou die vrae kon beantwoord,” sê sy.

Sy voeg by dat die roman altyd vir leerlinge uitdagend is. “Jekyll and Hyde bly in die algemeen vir leerlinge ’n uitdaging omdat die taal in die roman self verouderd is. Tog, ten spyte hiervan, was die vraestel baie billik.”

Maklike vraestel vir huistaalleerlinge

Chereze Blom, ’n onderwyseres in Engels Huistaal by die Hoërskool Bergvlam in Mbombela (Nelspruit) sê sy was uit haar “vel uit”, so opgewonde was sy oor die vraestel.

“Van die vrae het ek presies net so vir hulle in die vorige eksamen gevra.”

Sy voeg by dat almal betyds kon klaar kry en dat haar sterk kandidate beslis onderskeidings sal behaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.