Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Geen begroting vir Grey-kollege ’n ‘ramp’

’n Gewysigde begroting vir Grey-kollege (sekondêr) in Bloemfontein vir die nuwe geldjaar sal aan die einde van Januarie vir goedkeuring voorgelê word, nadat ouers die vorige een verwerp het.

Dit kan groot probleme vir die skool skep omdat hy glo nie enige skoolgeld mag hef of betalings mag maak voordat ’n begroting nie goedgekeur is nie.

Daar is groot onsekerheid by ouers oor hoeveel hulle moet begroot vir skoolgeld. In die begroting wat verlede maand afgekeur is, is ’n verhoging van 12% in skoolgeld vervat. Die ouers weet nou nie wat op 30 Januarie aan hulle voorgelê gaan word nie.

“Dis ’n ramp,” is dié situasie in die skool aan Netwerk24 deur ’n kenner van skoolsake beskryf.

Hy vra hoe die salarisse van personeel wat aanstellings van die beheerliggaam is, op 25 Januarie betaal gaan word terwyl daar nie ’n goedgekeurde begroting is nie.

Dié begroting word deur die Vrystaatse onderwysdepartement opgestel nadat die departement vroeër vanjaar die skool se beheerliggaam van sy besluitneming oor die geldsake van die skool en verwante sake gestroop het.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), sê die Skolewet bepaal dat geen skoolgeld gehef of ontvang mag word voordat ’n begroting vir ’n skool goedgekeur is nie.

Eerstens moet ’n besluit geneem word oor of daar wel skoolgeld gehef gaan word, en dan hoeveel.

Ek kan ons skool se waardes egter nie met die optrede van alle lede van die vergadering (verlede maand) versoen nie en glo dat ons in die toekoms ’n meer vredevolle en opbouende benadering tot voordeel van ons seuns kan volg.

Verder mag daar ook geen uitgawe van skoolgeld aangegaan word waarvoor nie begroot is nie. En by Grey (sekondêr) is daar is nog nie ’n goedgekeurde begroting waarin sulke uitgawes vervat is nie.

In ’n brief aan ouers op die skool se Facebook-blad sê Deon Scheepers, die skoolhoof, net sowat 1% van die skool se ouers het die mislukte begrotingsvergadering verlede maand bygewoon.

Hy sê die regskoste van R1,5 miljoen waarvoor nie begroot is nie en wat uit skoolgeld betaal is, en die uitdagende ekonomie, beteken dat die skool se geldsake tans “meer uitdagend is as in die verlede”.

Hy meen die feit dat die begroting terugverwys is om meer besonderhede te bekom, is ’n “uiters gesonde wending” en in ooreenstemming met die deursigtigheid oor die skool se geldsake.

“Ek kan ons skool se waardes egter nie met die optrede van alle lede van die vergadering (verlede maand) versoen nie en glo dat ons in die toekoms ’n meer vredevolle en opbouende benadering tot voordeel van ons seuns kan volg.”

Hy sal die ouers laat weet sodat hulle insae in die gewysigde begroting kry.

* Die kenner van skoolsake met wie Netwerk24 gepraat het, het daarop gewys dat die R1,5 miljoen aan regskoste al in die vorige geldjaar betaal is en geen invloed op die nuwe begroting het nie.

* Die begroting van Grey (primêr) is wel verlede maand op sy begrotingsvergadering goedgekeur.

Meer oor:  Begroting  |  Grey-Kollege
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.