Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Geen inligting’ oor seksklag teen US-koshuishoof

Die Universiteit Stellenbosch (US) sukkel om aantygings van seksuele teistering teen ’n waarnemende inwonende hoof van ’n vrouekoshuis te ondersoek weens ’n gebrek aan verklarings of bewyse.

Dit kom nadat daar anoniem op sosiale media beweer is dat die inwonende hoof, wat tydelik aangestel is, hom aan seksuele teistering van ’n inwoner skuldig gemaak het. Die aantygings is op Twitter gemaak en deur honderde gebruikers gedeel.

Intussen is die inwonende hoof tydelik uit sy amp onthef en hy is gevra om uit die koshuis te trek.

“Die universiteit se eenheid vir gelykwaardigheid ondersoek tans die aantygings,” lui ’n verklaring van die US.

“Die situasie word belemmer deur die feit dat daar tot dusver geen verdere inligting verkry kon word in verband met die aantygings nie. Daar is geen verklaring ingedien deur die klaagster of iemand anders nie.”

Volgens die verklaring doen die US se eenheid vir gelykwaardigheid ’n beroep op enige persoon om met toepaslike inligting met betrekking tot die situasie na vore te kom.

Die tydelike inwonende hoof van die vrouekoshuis is nie tans in die koshuis nie en sy verantwoordelikhede word deur ander in sy afdeling bestuur tot tyd en wyl die ondersoek voltooi word.

“Gegewe die feit dat daar geen verdere inligting oor die situasie verkry is nie, kan ons ongelukkig nie meer besonderhede oor die beweerde voorval verskaf nie,” lui die verklaring.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.