Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Geen kwytskelding van studente, wel hulp

Geen presidensiële kwytskelding kan of gaan aangebied word aan studente wat vervolging in die gesig staar weens hul betrokkenheid by die landwye #FeesMustFall optredes nie.

Michael Masutha, minister van justisie en korrektiewe dienste, sê studente wat by regsprosesse betrek is weens die #FeesMustFall optredes, kan nie ’n algemene amnestie kry nie.

Een van die tonele van oproer in 2016 by die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria. Foto: Argief

Masutha, wat Vrydag by die Uniegebou met studente-aktiviste vergader het, sê die kriminele regstelsel bied wel die geleentheid vir alternatiewe vir vervolging, wat mediasie en ander regstellende optrede insluit, maar die president het nie die mag van kwytskelding van diegene wat nog nie die volle pad van die regstelsel geloop het nie.

Masutha sê presidensiële kwytskelding is ’n proses wat gevolg word nadat ’n persoon skuldig bevind en gevonnis is en so ’n kwytskelding word nie vooraf gedoen nie.

Die studente sal wel gehelp word met riglyne oor hoe aansoeke werk aan die nasionale vervolgingsgesag vir die hersiening van besluite wat ingevolge prosedure geneem is in die gevalle van dié studente wat reeds aangekla is en wat nou verhoor word.

Masutha sê hy het aan die studente voorgestel om ’n lys van name saam te stel van die betrokke studente wat in aanhouding is, aangekla is of reeds verhoor en gevonnis is.

Hy sal dan die studente bystaan om die nasionale vervolgingsgesag te nader en elke geval afsonderlik te evalueer na gelang van hoe ernstig die klagtes teen hulle is, die beskikbaarheid van getuienis teen hulle en of daar ’n moontlikheid is van ’n ander vorm van korrektiewe optrede.

Voorheen is berig die EFF Students Command (EFFSC) vra om presidensiële kwytskelding vir diegene wat skuldig bevind is aan misdrywe wat in die destydse landwye #FeesMustFall-betogings gepleeg is.

Een van die studente is Bonginkosi Khanyile, ’n KwaZuluNatalse studente-aktivis wat onlangs skuldig bevind is aan openbare geweld en in Oktober gevonnis word.

Khanyile is in 2016 in hegtenis geneem nadat op beeldmateriaal gesien kan word hoe hy ’n kettie gebruik om voorwerpe in die rigting van die polisie te skiet. Twee ander wat ook aan misdrywe gedurende die betogings skuldig bevind is, dien onderskeidelik vyf jaar tronkstraf uit en is in huisarres weens onder meer openbare geweld, die besit van gevaarlike wapens, die besit van plofstowwe, aanranding met die doel om ernstig te beseer en intimidasie.

Meer oor:  #Feesmustfall  |  Michael Masutha  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.