
Prof. Cheryl de la Rey. Foto: Deaan Vivier
Prof. Cheryl de la Rey, visekanselier en rektor van die Universiteit van Pretoria, sê daar was geen druk van enige politieke party om die UP voortaan 'n Engelse universiteit te maak nie.
Trouens, lank voor Rhodes Must Fall begin het, het sy besluit om die UP se taalbeleid te hersien.
"Hierdie taalbeleid was nie in reaksie op druk van enige politieke party nie. Hierdie proses het in Februarie 2015 reeeds begin. Rhodes Must Fall was in Maart.
"Ons glo hierdie (die verengelsing) was die regte besluit, gegewe ons veranderende demografie. Ons moet 'n demokrasie bou."
Die UP moet 'n tuiste vir alle jong en talentvolle Suid-Afrikaners wees, het sy beklemtoon.
"Ons verwelkom steeds aansoeke van voornemende Afrikaanse studente. En ons sal studente steeds aanmoedig om in hul huistaal met mekaar te kommunikeer.
"Hierdie besluit berus egter op die demografie wat verander en om sosiale kohesie onder studente te bevorder."