Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Geen sekerheid oor wanneer skole sal heropen’

Daar is nog geen duidelikheid oor wanneer skole weer sal oopmaak nadat die 21 dae van inperking weens die koronavirus verby is nie.

Brian Schreuder, hoof van die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD), het Woensdag gesê sy departement het met die nasionale departement van basiese onderwys kontak gemaak oor die gevolge wat die inperking op die openbare skolestelsel gaan hê.

“In dié stadium is dit onduidelik op watter datum skole weer sal oopmaak. Dit beteken egter nie dat die leerproses nie sal voortgaan nie,” sê Schreuder.

Miljoene leerlinge word ingeperk. Elke ouer moet nou hul deel doen om te verseker dat hul kinders steeds fokus en gestimuleer word.

Hy sê talle skole het reeds met ouers kontak gemaak om afstandonderrig en vakansie-leerprogramme in te stel.

Hy vra dat ouers moet toesien dat hul kinders aanhou lees as een van hul daaglikse aktiwiteite by die huis.

Brian Schreuder, hoof van die Wes-Kaapse onderwysdepartement.Foto: Argief

Intussen word daar planne gemaak vir enige toekomstige gebeurlikheid sodat onderrig kan voortgaan, hetsy digitaal, per radio of met televisie-uitsendings.

Ouers en leerlinge word gevra om die WKOD se e-portaal te besoek by https://wcedeportal.co.za/ asook om ou eksamenvraestelle af te laai by https://wcedonline.westerncape.gov.za/exam-papers.

Schreuder vra dat ouers moet aanhou om hul skoolgeld te betaal en hy het ouers daaraan herinner dat daar baie onderwysers is wat deur skoolbeheerliggame betaal word.

Hy sê die WKOD is bewus daarvan dat gesinne gaan ly weens ’n verlies aan inkomste. Wanneer die skole weer begin, kan ouers aansoek doen om hulp met die betaling van skoolgeld.

“Ouers en gemeenskappe moet na ons kinders omsien. Hulle is kwesbaar in tye van onsekerheid. Hulle moet gemotiveer en gestimuleer word en hulle moet veilig in hul huise voel.”

Meer oor:  Brian Schreuder  |  Heropen  |  Skole  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.