Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Geen tuisonderrig meer vir onnies van vandag af

Die meer as 22 000 onderwysers in die land wat weens die Covid-19-pandemie toestemming gehad het om van die huis af te werk, moet hulle Maandagoggend vir werk by hul onderskeie skole aanmeld.

Die sowat 22 500 onderwysers wat toestemming gehad het om van die huis af te werk is diegene wat as hoë-risiko-gevalle geklassifiseer is.

Hierdie vergunning het op vlak 2 en vlak 3 van die inperking gegeld, maar het met pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging ’n week gelede dat die inperking van Sondag om middernag na vlak 1 skuif, verstryk.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die nasionale departement van onderwys, het gesê vlak 1 word geklassifiseer as ’n laer risiko wat infeksies betref. Dit beteken dat die risiko vir die onderwysers wat om mediese redes tuisgebly het, afgeneem het.

“Die implikasie van die president se aankondiging oor vlak 1 beteken dat die toegewings om van die huis af te werk nou ongeldig is.

“Alle onwysers moet Maandag terugkeer. Enigiemand wat steeds siek is, moet die normale siekteverlofprosedures volg.”

covid, skool, Langa
Onderwysers van 'n skool in Langa, Kaapstad maak seker Covid-regulasies word toegepas. Foto: Reuters

In die Oos-Kaap het meer as 5 000 onderwysers in Augustus om die spesiale vergunning aansoek gedoen.

Uit dié aantal aansoeke is 2 230 goedkeur, 591 is geweier en 26 is onttrek.

Die provinsiale onderwysdepartement kan nog nie met sekerheid sê presies hoeveel van die onderwysers wat tuis gewerk het, Maandag voor die swartbord gaan staan nie.

Matanzima Mweli, direkteur-generaal van die onderwysdepartement in die Oos-Kaap, het onderwysers en afgevaardigdes skriftelik ingelig oor die stand van sake rakende die tydelike onderwysers wat in die provinsie aangestel is.

Volgens Mweli is die provinsiale departement, in pas met die nasionale riglyne, van voorneme om hul kontraktuele verpligtinge na te kom teenoor die tydelike onderwysers wat aangestel is.

“Skole moet ’n manier vind om die tydelike onderwysers te gebruik op ’n manier waarby die skool en leerlinge sal baat.”

Mhlanga sê die onus rus nou op alle skoolhoofde om die roosters aan te pas om die onderwysers wat Maandag terugkom werk toe te akkommodeer.

Skoolbeheerliggame moet toesien dat sosiale afstande gehandhaaf word, en dat leerlinge ingedeel word in groepe sodat hulle nie die voorgeskrewe getal leerlinge wat op een slag in die skool mag wees oorskry nie.

Meer oor:  Koronavirus  |  Inperking  |  Onderwys  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.