Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Geen verhoging in klasgeld vir TUT-studente

Studente van die Tshwane-Universiteit van Tegnologie (TUT) sal nie in 2017 verhoogde klasgeld betaal nie.

Die kantoor van die visekanselier het Maandagaand in ’n brief gesê dat daar geen veranderinge aan klasgeld vir 2017 sal wees nie.

“Op 19 September 2016 het die minister van hoër onderwys en opleiding, dr. Blade Nzimande, aangekondig dat die regering ondersteuning aan hoëronderwysinstellings sal bied om te verseker dat NSFAS-studente, asook die sogenaamde missing middle (van huishoudings met ’n inkomste van minder as R600 000 per jaar) nie enige klasgeld-aanpassings vir 2017 sal hê nie,” lui die brief.

Die studente wat aan dié vereistes voldoen, maak sowat 90% van TUT se studentegetal uit.

“Om seker te maak dat geen TUT-student ’n direkte klasgeld-verhoging ervaar nie, sal selfbefondsde studente, wat sowat 10% van die universiteit (se getalle) uitmaak, ook deur die universiteit ondersteun word.”

Dit beteken dat geen TUT-student verhoogde klasgeld in 2017 hoef te betaal nie.

“Klasgeld sal dieselfde bly as wat dit in 2015 was.”

Daar is ook ooreengekom dat klasse sonder enige vertragings sal voortgaan en dat die akademiese jaar sonder enige onderbreking voltooi sal word.

“As ’n ‘universiteit van die mense’ verstaan ons die nood van die meerderheid studente wat sonder finansiële ondersteuning nooit in staat sal wees om hul droom van ’n universiteitskwalifikasie te bewaarheid nie. Die universiteit ondersteun dus die beweging na gratis onderwys.”

Die brief is onderteken deur prof. Lourens van Staden, die universiteit se visekanselier, asook dr. Bandile Masuku, voorsitter van die TUT-raad.

Meer oor:  Tut
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.