Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
‘Geen verrassings’ oor basiese onderwys

Daar was geen verrassings in pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede oor basiese onderwys nie.

“Dit was in ’n baie groot mate voorspelbaar,” het die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) Vrydag in reaksie gesê.

Volgens Chris Klopper, uitvoerende hoof van die SAOU, is die meeste van die aankondigings reeds ná die departement van basiese onderwys se lekgotla in Januarie bekend gemaak.

Hy verwelkom egter dat die nuwetegnologievakke kodering en robotika nou van gr. R tot gr. 3 aangebied gaan word.

“Die SAOU het egter al etlike kere daarop gewys dat die invoer van hierdie vakke ’n ernstige rimpeleffek op ander vakke in dié fases het.

“Dit kan nie net bo-op die res van die kurrikulum gestapel word nie en vereis oordeelkundige aanpassings aan die kurrikulum.

“Om doodgewoon die skooldag te verleng sal nie deug nie aangesien hierdie baie jong leerlinge nie aan te lang skoolure onderwerp moet word nie.”

Oor die aankondiging oor tabletrekenaars vir skole sê Klopper dit ly geen twyfel dat leerlinge die era van die Vierde Nywerheidsrevolusie moet betree nie, maar daar is volgens hom ander belangriker boustene in die leerproses

wat meer aandag moet geniet.

Pres. Cyril RamaphosaFoto: JACO MARAIS

Sizwe Pamla, Cosatu-woordvoerder, sê hulle is bekommerd dat daar nie in die staatsrede ’n gedetailleerde plan gegee is om die diepliggende gebrek aan veiligheid in Suid-Afrikaanse skole op te los nie.

“Geweld in skole het krisisvlakke bereik,” sê Pamla.

Shenilla Mohamed, uitvoerende direkteur van Amnestie Internasionaal Suid-Afrika (AISA), sê ’n groter verbintenis tot die reg op basiese onderwys van gehalte is nodig.

“Die tyd vir veralgemenings is verby. Pres. Ramaphosa was liries oor wat die regering ten opsigte van onderwys bereik het, maar het nie die probleme waarmee derduisende kinders landwyd te doen het, aangeraak nie.”

Volgens Mohamed het Ramaphosa in sy 2019-staatsrede gesê dat 699 skole landwyd van veilige en gepaste sanitasiegeriewe voorsien is en dat ’n verdere 1 150 skole of in die beplannings-, ontwerp- of konstruksiefase is.

“Dit is teen die agtergrond van byna 4 000 skole wat, volgens die regering se eie statistieke, steeds puttoilette het.” Geen melding is egter in die staatsrede hiervan gemaak nie.

’n Verslag van AISA getiteld Broken and Unequal: The State of Education in South Africa, wat die afgelope week bekend gestel is, toon volgens Mohamed dat die regering se versuim om die onderwysstelsel te herstel, nie net dui op ’n gebrek aan aanspreeklikheid nie, maar dit verdiep ongelykheid verder en het gevolge vir die lewensgeleenthede van derduisende leerlinge in Suid-Afrika.

Meer oor:  Basiese Onderwys  |  Staatsrede2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.