Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Geveg tussen fotograwe, wagte bederf gradedag

Wat ’n dag van feesviering, goeie prestasies en graadvang moes wees, het in ’n oproerige geveg op die Bellville-kampus van die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) ontaard.

’n Skermgreep van die bakleiery op die Bellville-kampus van die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT). Foto: Facebook

Veiligheidswagte en vryskutfotograwe wat glo nie geakkrediteer is om foto’s op die geleentheid te neem nie, het mekaar bygedam.

Lauren Kansley, woordvoerder van die KSUT, sê die universiteit is bewus van ’n video-opname van die bakleiery wat op sosiale media versprei word.

“Die veiligheid en sekuriteit van ons studente en hul familie is vir ons baie belangrik en enige poging om hierdie spesiale geleentheid te ontwrig, word in ’n baie ernstige lig gesien.”

Sy sê die fotograwe het nie die regte akkreditasie gehad om op die kampus te wees nie. “Daar is ’n streng akkreditasieproses om te voorkom dat ongure karakters studente en hul familie pla.”

Die hoof van die kampus se veiligheidsafdeling het volgens Kansley dié fotograwe herhaaldelik gewaarsku om nie op die kampus te kom nie.

“Die saak is opgelos en die voorsitter van die veiligheidsafdeling sal ’n verslag oor die voorval saamstel en dit sal deeglik ondersoek word,” sê Kansley.

Kyk hieronder na die video wat versprei word op sosiale media:

Meer oor:  Ksut  |  Veiligheidswagte  |  Gradeplegtigheid  |  Bakleiery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.