Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Onderwys
Gr. 1’s nie skoolgereed, moedertaal-onderrig skort

’n Gebrek aan skoolgereedheid en die afwesigheid van moedertaalonderrig is volgens kenners die vernaamste redes vir die lae slaagsyfer onder gr. 1’s in Gautengse skole.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys. Foto: Argief

Dié uitlatings kom nadat Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, Saterdag sy skok uitgespreek het oor die meer as 21 000 leerlinge wat verlede jaar gr. 1 gedruip het.

Dit is vir kinders ’n reuse-aanpassing om gr. 1 toe te gaan, veral as hulle nie in hul moedertaal skoolgaan nie, sê Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas).

“Hulle ontvang nie uitsluitlik in hul moedertaal onderrig nie en dit maak dit bykans onmoontlik vir hulle om aan te pas,” sê Colditz.

Prof. Michael le Cordeur, hoof van die departement kurrikulumstudie aan die Universiteit Stellenbosch, sê dit is belangrik dat skole Suid-Afrika se diverse samelewing in ag moet neem.

“Kinders se woordeskat is reeds beperk weens ’n gebrek aan voorskoolse stimulering,” sê Le Cordeur.

Hy sê dié gebrek is een van die redes waarom kinders nie skoolgereed is wanneer hulle gr. 1 toe gaan nie, wat daartoe lei dat leerlinge druip.

Kinders is nie skoolgereed nie weens armoede en omdat baie ouers afwesig is omdat mammas moet werk om vir hul gesinne te sorg.

"Daar is ook nie naastenby genoegsame voorskoolse instansies nie,” sê Le Cordeur.

Hy sê kinders ontwikkel ook nie basiese vaardighede soos hand-oog-koördinasie nie.

Colditz en Le Cordeur sê kinders is dikwels nie skoolgereed nie omdat hulle te vroeg skool toe gaan.

’n Gautengse gr. 1-onderwyseres, wat op voorwaarde van anonimiteit met die media praat, sê baie van die leerlinge in haar klas is vyf jaar oud.

“Sommige kinders word skool toe gestuur in die jaar wat hulle ses word. Hierdie kinders is nie fisiek of emosioneel gereed vir formele onderrig nie,” sê sy.

Sy sê voorskoolse onderwys behoort verpligtend te wees en dat kinders reeds vanaf gr. R deur opgeleide onderwysers en by instansies wat deur die departement aangewys is, onderrig moet word.

“As daar departementele poste is sodat gekwalifiseerde onderwysers die gr. R-leerlinge kan leer en gereed kry vir die volgende graad, sal die ouers die kinders nie skool toe stuur voordat hulle skoolgereed is nie en die kinders sal meer voorbereid wees op formele onderwys.”

Maresa Viljoen van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie sê onderwysers wat weet hoe om die kurrikulum aan te bied ontbreek vir kinders tussen die ouerdom van nul tot vier jaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.